Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs speel dalk teen Duitsers
Malcolm Jaer

Spanne van Georgië en Duitsland kan deel word van ’n nuwe toernooi in Rusland waarin die Cheetahs oorweeg om te speel.

Die Cheetahs, wat op hul knieë is nadat hulle saam met die Kings uit die vergrote Pro16 gestem is, poog intussen kliphard om deur middel van ’n moontlike promosie-en-relegasie-wedstryd te verseker dat hulle vorentoe weer hul plek in die reeks in die Noordelike Halfrond herwin.

Hulle, SuperSport en SA Rugby het al verskeie gesprekke daaroor en ander belangrike sake gehad sedert einde September se vergadering van die beheerliggaam se hoofraad. Die oogmerk is om te verseker dat die Cheetahs relevant en een van die grotes in die land bly.

Gesprekke tussen die partye word deur ingeligtes as positief bestempel.

Afgesien van die toernooi in Rusland, ondersoek die Vrystaters die moontlikheid om in Amerika te speel.

Die Russiese toernooi blyk egter groter aandag te trek omdat die Vrystaters met deelname daarin met ’n ompad vir die Europese Kampioenebekertoernooi kan kwalifiseer.

Miljoene rande se prysgeld is in laasgenoemde kompetisie op die spel.

“Dit gaan nog ’n tydjie neem voordat die Cheetahs ’n besluit (oor hul toekoms) neem,” het ’n ingeligte aan Rapport gesê.

“Daar blyk nou ook ’n derde opsie te wees wat die Cheetahs oorweeg,” het nog ’n rugbyadministrateur gesê.

Die Cheetahs sal onder meer moet bepaal in watter toernooi hulle makliker kan verseker dat hul topspelers bly en watter finansiële voordele dit sal inhou.

Hulle sal hul onkoste in enige toernooi self moet betaal nadat die Cheetahs en Kings se betrokkenheid in die Pro14 SA Rugby jaarliks sowat R74 miljoen sedert 2017 gekos het.

Meer oor:  Cheetahs  |  Duitsland  |  Georgië  |  Rusland  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.