Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs sweet, druk vier keer

Nadat die sifreën van die eerste helfte opgehou het, het die Cheeths ’n begeesterde Griekwas oorkom om die spanne se laaste Superrugby Unlocked-wedstryd met 28-9 te wen.

Die Poubloues se taktiek met lugskoppe in die reën het hulle goed laat saamgesels aan die begin en hulle het trouens rustyd met 9-8 voorgeloop.

Rosko Specman probeer deur ’n gaping glip. Foto: Gallo Images

Die eendeweer het tot ’n paar foute gelei, terwyl van die tuisspan se vernuftige agterspelers gou uitgevind het jy kan nie soos altyd aftrap nie.

Die Cheetahs se flank Andisa Ntsila het die enigste drie van die eerste helfte gedruk toe hy bal in die doelgebied toegeval het nadat die skrumskakel Tian Meyer se steekskoppie vorentoe geskop is.

Griekwas se skrumskakel Zak Burger het ’n goeie wedstryd beleef en sy agttal mooi aan die gang gehou.

Die besoekers se losskakel Tinus de Beer het Griekwas kort voor rustyd laat voorloop toe hy met die derde van vier strafskoppe in die kol was.

Griekwas sou verder stert in die lug gewees het as De Beer nie vroeg in die tweede helfte ’n maklike strafskop verbrou het nie.

Griekwas het in die tydjie daarna en vir die res van die tweede helfte te veel strafskoppe afgestaan.

Die tuisspan moes op sy beurt baie meer gemaak het van al die strafskoppe wat hy in dié helfte gekry het.

Die Cheetahs se tweede drie het gekom nadat ’n strafskop uitgeskop is.

Die tuisspan se afrigterskorps sou wou sien dat een van die handvol drywe met lynstane naby die doellyn op drieë uitgeloop het.

Die plaasvervanger-skrumskakel, Ruben de Haas, het in sy derde wedstryd sy eerste drie vir die Cheetahs gedruk toe ’n paar manne voor hom nie op die bal kon duik in die doelgebied nie.

Die agtsteman, Juandé Rudolph, het die wenspan se tweede drie in die laaste tien minute gedruk om verdere aansien aan die telling te gee. Rudolph het hom goed laat geld en dit lyk of hy sy voete by sy nuwe span gevind het.

Die Cheetahs se flank Aidon Davis is met ’n kuitbesering voor die wedstryd onttrek. Oupa Mohoje het hom vervang, maar lyk nog verroes.

Puntemakers:

Cheetahs 28 (8): Drieë: Andisa Ntsila, Howard Mnisi, Ruben de Haas, Jeandré Rudolph. Doelskop: Reinhardt Fortuin. Strafdoele: Schoeman (2).

Griekwas 9 (9): Strafdoele: Tinus de Beer (9)

Meer oor:  Superrugby Unlocked  |  Cheetahs  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.