Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs toets almal negatief vir Covid-19

“Niemand weet hoe die wêreld oor ’n maand gaan lyk nie.”

William Small-Smith, senter van die Cheetahs, vra dat hul ondersteuners na hulself en hul gesinne moet omsien in die moeilike tyd. Foto: Gallo Images

So het die Cheetah-senter William Small-Smith, sy kommer uitgespreek oor die Covid-19-pandemie wat sport- en ander byeenkomste wêreldwyd lamlê.

Die goeie nuus vir Cheetah-ondersteuners is dat die vergrote groep en die bestuurspan, wat Maandag vir die koronavirus getoets is, almal negatief getoets het.

Die 26-jarige Small-Smith, een van die senior spelers in die Cheetahs se groep, met 47 Pro14-wedstryde agter die blad, is nes die res van sy spanmaats maar teleurgesteld dat daar tot minstens 14 April geen rugby gespeel, of geoefen gaan word nie.

Die Pro14-reeks is verlede week onbepaald uitgestel.

“Die spelers is almal hartseer dat alles tot ’n halt gekom het, maar ons verstaan dis ’n veiligheidsrisiko om te reis.

“Dit gaan nie net oor ons nie, maar elke liewe mens in ons land. Ons wil seker maak die virus versprei nie. Social distancing is die nuwe term wat nou gebruik word, so ons bly ’n bietjie weg van mekaar en ander mense af,” sê Small-Smith.

Hy sê dit is sleg dat sport wêreldwyd uitgestel word, maar dis ’n aanduiding hoe ernstig die situasie is en hoe hard daar geveg word om die verspreiding van die virus te bekamp.

“Alles staan stil, Superrugby, gholf en tennis is vir ’n maand uitgestel. Maar niemand weet hoe wêreld oor ’n maand gaan lyk nie, gaan dit aansienlik beter wees, gaan die reisverbod gelig wees, ons weet net nie.

“Vir nou moet mense regtig die nodige voorsorgmaatreëls tref om seker ter maak jy is veilig, jou familie is veilig en aan die oefen bly as jy kan.

“Ons hoop maar oor vier weke is die wêreld weer ’n plek waar ons ’n bietjie rugby sal kan speel, maar die eerste prioriteit bly dat mense gesond is en gesond gehou moet word.”

Small-Smith het Cheetah-ondersteuners gevra om geduldig te wees en hy hoop hulle is almal veilig en gesond.

“Ons sien wat in China en Italië gebeur as die virus nie ernstig opgeneem word nie. Daarom sê ek: laat ons dit van die begin af ernstig opneem dat ons die kurwe kan verlaag.

“Hierdie is ’n eenkeer in ’n 100 jaar gebeurtenis, kyk mooi na jouself en moet nie die virus onderskat nie.

“Daar sal later vanjaar weer plek wees vir rugby, maar vir nou, kyk eers mooi na jouself en jou gesin,” sê Small-Smith.

Meer oor:  Koronavirus  |  Pro14  |  Cheetahs  |  William Small-Smith  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.