Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs torring nie aan wenresep
Die vaskopstut Aranos Coetzee bereik Saterdag ’n groot mylpaal. Foto: Gallo Images
Rabs Maxwane het sy plek op linkervleuel behou. Foto: Gallo Images

Dieselfde Cheetahs-opdrafspan wat die Southern Kings twee weke gelede met 45-0 in Bloemfontein afgeransel het, is met die taak opgesaal om die kragtige Leinster Saterdag in Dublin, Ierland in dié spanne se Pro14-wedstryd ook tot oorgawe te probeer dwing.

Die enigste verandering in die 23-tal vir die wedstryd is die terugkeer van die losvoorspeler Gerhard Olivier.

Hy neem Daniel Maartens, wat nie saam gaan toer het nie, se plek op die plaasvervangersbank.

Die Namibiese vaskopstut Aranos Coetzee word die eerste Cheetah-speler om in 50 Pro14-wedstryde vir dié span te speel in Saterdag se wedstryd.

Die buitesenter William Small-Smith draf in sy 45ste Pro14-wedstryd uit.

Soos verwag, is die kaptein en skrumskakel, Ruan Pienaar, behou vir die stryd teen die voorloper. Die vleuel Rabs Maxwane het ook sy plek in die opdrafspan behou en word weer met die nommer 11-trui toevertrou.

Cheetahs: Rhyno Smith, Clayton Blommetjies, William Small-Smith, Benhard Janse van Rensburg, Rabs Maxwane, Tiaan Schoeman, Ruan Pienaar (k), Jasper Wiese, Junior Pokomela, Chris Massyn, JP du Preez, Walt Steenkamp, Aranos Coetzee, Joseph Dweba, Charles Marais. PLAASVERVANGERS: Wilmar Arnoldi, Boan Venter, Luan de Bruin, Aidon Davis, Gerhard Olivier, Tian Meyer, Louis Fouché, Chris Smit.

Afskop: 16:30 (SS 1, GDN).

Meer oor:  Pro14  |  Cheetahs  |  Leinster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.