Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs vat pad oorsee ná afjak
Tian Schoeman wil hom by die Engelse klubspan Bath aansluit.

SA Rugby se besluit om die Cheetahs uit die Pro16-reeks te skop, begin nou aan die spelersfront ’n uitwerking hê.

Tian Schoeman en Reinach Venter, twee van die Vrystaters se bestendigste spelers in die onlangse Superrugby Unlocked-reeks, se koppe staan oorsee.

Die aanduidings is dat die 29-jarige Schoeman hom by die Engelse klubspan Bath sal aansluit. Hy kan reeds in Januarie een van Bath se inwoners word nadat hy in 2018 van die Franse klubspan Bordeaux af by die Cheetahs ingeval het.

Die Leeus is een van die ander spanne wat gretig was om hom te gaps.

Schoeman gaan klousule 11 in sy kontrak uitoefen. Dié klousule is in die meeste Cheetahs se kontrakte vervat nadat die Vrystaters in 2017 uit die Superreeks gegooi is.

Daarvolgens het spelers ’n tydperk van 120 dae om hul kontrakte met die Cheetahs op te sê as ’n verandering in die kompetisiestrukture, wat moontlik negatiewe invloed op die spelers se loopbane inhou, aangebring word deur Wêreldrugby, SA Rugby of deur die Pro14-reeks.

Die Cheetahs is wel bevoorreg dat hulle spelers soos Reinhardt Fortuin en Frans Steyn het wat losskakel kan speel, terwyl Fred Zeilinga ook beskikbaar en tans werkloos is.

Die 25-jarige Venter het Superrugby Unlocked nie as die Cheetahs se eerstekeuse-haker begin nie, maar hy was vanweë sy goeie spel aan die einde van die reeks sekerlik een van die eerste name wat Hawies Fourie neergepen het as hy oor sy beginspan besluit het.

Die Franse klubspan Clermont het Venter raakgesien en maak planne om hom daar te kry sodra sy werkvisum in plek is.

Met Venter, Wilmar Arnoldi, Louis van der Westhuizen, Marnus van der Merwe (hy speel ook flank) en Jacques du Toit het Fourie goeie diepte op haker in Superrugby Unlocked gehad. Arnoldi sal binnekort weer speel ná sy besering. Dit sal Venter se vertrek dalk minder pynlik maak.

Venter en Schoeman se oorsese planne sal nietemin lastig vir Fourie wees nadat Walt Steenkamp (na die Bulle), Jasper Wiese (na Leicester Tigers) en Benhard Janse van Rensburg (na NEC Green Rockets in Japan) tydens die Superrugby Unlocked-reeks vort is nadat hul kontrakte einde Oktober verstryk het.

Die Vrystaters se diepte is die afgelope tyd verder uitgedun met Luan de Bruin en JP du Preez se vertrek.

Meer oor:  Tian Schoeman  |  Cheetahs  |  Oorsee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.