Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs verander 2 vir Munster-stryd
Luan de BruinFoto: Gallo Images

Die Cheetahs se waarnemende afrigter Franco Smith het vir sy laaste wedstryd in beheer, twee veranderinge gemaak aan die span vir Vrydag se Pro14-wedstryd teen Munster in Bloemfontein.

Een van die veranderinge is noodgedwonge, waar Louis Fouché die beseerde Dries Swanepoel op senter vervang.

Onder die agttal is Luan de Bruin op vaskopstut in die beginspan ingesluit ten koste van Erich de Jager wat nie die 23-tal gehaal het nie.

Swanepoel het sy kuitspier beseer in verlede week se wedstryd teen Ulster en hy is nou in ’n wedloop teen tyd gewikkel om betyds gereed te wees vir wanneer die Cheetahs op hulle toer na Ierland en Wallis vertrek oor net meer as ’n week.

Op die plaasvervangersbank word Fouché deur Clayton Blommetjies vervang, wat genoegsaam van ’n enkelbesering herstel het.

Die span is:
Rhyno Smith, William Small-Smith, Benhard Janse van Rensburg, Louis Fouché, Anthony Volmink, Tian Schoeman, Ruan Pienaar (k), Henco Venter, Junior Pokomela, Gerhard Olivier, Walt Steenkamp, Sintu Manjezi, Luan de Bruin, Joseph Dweba, Ox Nche. PLAASVERVANGERS: Reinach Venter, Boan Venter, Neethling Fouché, JP du Preez, Sias Koen, Jasper Wiese, Tian Meyer, Clayton Blommetjies.

 

Meer oor:  Luan De Bruin  |  Franco Smith  |  Bloemfontein  |  Afrigter  |  Rugby  |  Munster  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.