Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs sonder voorste puntemaker
Ernst Stapelberg (Gallo)

Die Cheetahs se losskakel Ernst Stapelberg gaan aanstaande week se Pro14-wedstryd teen Edinburg in Bloemfontein weens ’n skouerbesering misloop.

Stapelberg (22) is tans met 72 punte die voorste puntemaker in die reeks.

Hy is weens dié besering in die tweede helfte van die Vrystaters se laaste wedstryd teen Connacht, twee weke gelede in Galway, Ierland, van die veld af.

Stapelberg sê hy behoort reg te wees vir die daaropvolgende week se wedstryd, die span se laaste van die jaar, teen die Scarlets in die Rosestad.

Fred Zeilinga, wat Stapelberg teen Zebre op losskakel vervang het, maar teen Connacht die laaste vesting moes beman, behoort nou weer die nr.10-trui te dra.

Fred Zeilinga, wat Stapelberg teen Zebre op losskakel vervang het, behoort nou weer die nr.10-trui te dra.

Niel Marais kan as plaasvervangerlosskakel oorweeg word nadat hy van ’n skoueroperasie herstel het.

AJ Coertzen, Craig Barry en Clayton Blommetjies is die spelers was as heelagter ingespan kan word.

William Small-Smith kan op senter terugkeer nadat hy van ’n skouerbesering herstel het.

Die flank Henco Venter, wat harsingskudding in die Vrystaat se laaste Curriebeker-wedstryd van die seisoen teen die Goue Leeus in Johannesburg opgedoen het, sal ’n derde agtereenvolgende wedstryd misloop. Hy sê hy behoort reg te wees vir die wedstryd teen die Scarlets.

Die agtsteman Neill Jordaan se kanse om in die laaste twee wedstryde van die jaar te speel, hang aan ’n dun draadjie. Hy het meer as twee maande terug ’n enkel- en kniebesering teen Munster opgedoen.

Die vleuel Makazole Mapimpi, wat met agt drieë steeds die voorste driedrukker in die reeks is, oefen steeds saam met die Cheetahs.

Cheetahs-aanwinste: Craig Barry, Sibahle Maxwane en AJ Coertzen.

Vrystaat Rugby se hoëprestasiebestuurder, MJ Smith, wou by navraag nie kommentaar oor Mapimpi se voortgesette betrokkenheid, al dan nie, by die Cheetahs lewer nie. Mapimpi het ’n kontrak met die Haaie gesluit om volgende jaar vir hulle Superrugby te speel.

Die Cheetahs se drie nuwelinge, die heelagters Barry en Coertzen, asook die vleuel Sibahle Maxwane, het vandeesweek in die Rosestad begin oefen.

Meer oor:  Ernst Stapelberg  |  Bloemfontein  |  Losskakel  |  Rugby  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Edinburgh
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.