Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs ‘vorder met gesprekke’

Die Cheetahs glo hulle het steeds ’n goeie regsposisie nadat hulle verlede maand uit die Pro14-rugbyreeks geboender is.

Dis is waarop gesinspeel word in ’n verklaring wat Vrydag deur die franchise uitgereik is enkele ure voor hulle Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Bulle in Bloemfontein.

“Die Vrystaat-Cheetahs is steeds betrokke by hoëvlak-onderhandelinge met die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, SuperSport, borge, franchises en ander belanghebbendes om seker te maak die Cheetahs bly ’n waardevolle, lewensvatbare en mededingende franchise in Suid-Afrikaanse rugby en wêreldrugby,” lui die verklaring.

Na wat verneem word, kyk die Cheetahs of daar ander opsies is as ’n regstryd en dat daar in dié stadium positiewe gesprekke rondom ’n moontlike alternatief is.

“Sodra daardie gesprekke afgehandel is, behoort daar ’n duidelike aanduiding te wees wat presies die weg vorentoe vir Vrystaat Rugby sal wees – hetsy ’n regsproses of ’n moontlike onderhandelde alternatief. Ons vorder redelik met die onderhandelinge, maar dit gaan nog so ’n bietjie tyd neem en dis waar ons nou staan,” het ’n woordvoerder Vrydag aan Netwerk24 bevestig.

Die Cheetahs is die trekpas gegee en moes plek maak vir die Superrugby-spanne van die Haaie, Leeus, Bulle en Stormers in ’n vergrote Pro16-reeks.

Die vier Suid-Afrikaanse spanne kan so vroeg as Maart reeds deel van die kompetisie wees, aangesien hulle weens Covid-19-regulasies daarvan weerhou word om onmiddellik deel van die uitgebreide kompetisie te word.

Meer oor:  Cheetahs  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.