Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs was 1ste hekkie, nou moet Bulle bou

Bestendigheid. Dit is volgens Gary Botha, die Blou Bulle se voorspelers-afrigter, die groot uitdaging vir dié rugbyspan in die Curriebeker-kompetisie.

Die Ligbloues het Vrydagaand in Bloemfontein ’n verrassing in die kleine gelewer toe hulle die Cheetahs geslag het.

Jesse Kriel is terug by Loftus nadat hy nie die Springbokke se toergroep na Argentinië gehaal het nie. Foto: Gallo Images

Met die Haaie wat Saterdag in Durban wag, moet die Bulle volgens Botha toesien dat hulle veldtog in een rigting beweeg: voorwaarts.

“In die lig van vanjaar se enkelronde moet jy goed begin, jou tuiswedstryde wen en in wegwedstryde probeer om in ’n goeie posisie te kom.

“Ons het hard gewerk en goed voorberei. Om (teen die Cheetahs) weg te wen en ’n bonuspunt te kry, is bevredigend. Nou moet ons daarop voortbou.”

Dit is veral die Bulle-pak se skrumwerk wat Botha breed laat glimlag.

Die Cheetahs het hulle in die eerste skrum in trurat gehad, maar die besoekers het hergroepeer en het die tuisspan veral in die tweede helfe onder groot druk gehad in die afdeling.

“Ja, ons het ’n taai begin gehad, maar die ouens verdien lof vir die wyse waarop hulle teruggeveg het. Skrumwerk gaan oor tegniek en ervaring help altyd, maar jou ingesteldheid is ook belangrik.”

Die 22-jarige vaskopstut Conraad van Vuuren het vanjaar ’n harde leerskool in Superrugby gehad. Vrydagaand het hy die Bulle-skrum stewig geanker en was aan die spits van die besoekers se aanslag.

“Baie mense vergeet dat vaskopstutte gewoonlik eers na vore tree wanneer hulle 29 of 30 se kant toe staan.

“Nou het ons vaskoppe van 23 en hulle moet hul man staan in ’n posisie wat myns insiens die moeilikste in ’n span is.

“Daar word deesdae van jong stutte verwag om vinniger wasdom te bereik en ongelukkig gebeur dit net in die oond wanneer dit vuurwarm is.

“Hopelik kan Conraad hierop voorbou. Selfvertroue is aansteeklik, maar ’n gebrek daaraan ook,” sê Botha.

Jesse verstom my. Hy kom hier aan van die Bokke af en jy voel dadelik sy teenwoordigheid.
Gary Botha

Die Bulle het wel ’n paar balle in die lynstane verloor, maar Botha sê dit was meer akkuraatheid en tydsberekening as wat ’n stelselprobleem blootgelê is.

Jesse Kriel was Maandag weer op sy pos by Loftus nadat hy die nie Bokke se toerspan na Argentinië gehaal het nie.

Botha sê Kriel is ’n waardevolle “aanwins”.

“Hy bly ’n spesiale atleet en die spelers geniet sy energie.

“Jesse verstom my. Hy kom hier aan van die Bokke af en jy voel dadelik sy teenwoordigheid.

“Hy is die soort speler wat ons by die Bulle wil hê.”

Afgesien van Kriel se terugkeer, het die haker Jaco Visagie (knie) ook die ja-woord by die mediese span gekry om oorweeg te word.

Die slot Ruben van Heerden het harsingskudding opgedoen in Bloemfontein en sal nie Durban toe reis nie.

Meer oor:  Blou Bulle  |  Bulle  |  Gary Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.