Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs wen, maar breier dalk verlore

Die Cheetahs se vleuel Rabs Maxwane het Saterdagaand in Bloemfontein die rekord vir drieë (14) in die Pro14-reeks geëwenaar, maar dit was nie die groot nuus uit Bloemfontein nie.

Shaun Venter van die Cheetahs druk een van sy span se drieë teen die Dragons in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

Die Cheetahs het die Dragons met 38-13 geklop, maar nuus het gelek dat die tuisspan se breier, Franco Smith, dalk binnekort sak en pak na Italië sal verhuis om daar te gaan afrig.

Smith het voorheen in Italië rugby gespeel en later daar afgerig voordat hy na Suid-Afrika teruggekeer het. Die laaste tyd was daar baie druk op hom en sy Cheetah-span weens hul swak vertonings in die Pro14-reeks, ofskoon niemand in die span dit sou en wou erken het nie.

Saterdagaand se oorwinning van sy sukkelende Cheetahs-span was dalk die begin van die groet-proses. Hulle het hopeloos te laat wakker geskrik vir wat eintlik ’n skitter-oorwinning was.

Maxwane het Tim Visser se rekord vir drieë in ’n enkele seisoen geëwenaar toe hy sy span se vyfde gaan afrond het.

Visser, wat vir Edinburgh speel, het die rekord in die 2010/11-seisoen opgestel.

Die Cheetahs het die Dragons Saterdagaand in Bloemfontein in die tweede helfte flenters gehardloop en sodoende hul sewende sege in 20 wedstryde behaal.

Die Cheetahs was rustyd ’n kortkop met 10-3 voor, maar in die eerste vyf minute van die tweede helfte het die Walliese besoekers sake gelykop gemaak.

Die was egter verbeeldinglose rugby.

Die blaasorkes agter die doelpale aan die suidekant van die stadion het vir meer opwinding gesorg as die spanne in die eerste helfte.

Behalwe vir die drie van die agtsteman, Henco Venter, kort voor die rustydfluitjie geblaas het, was daar niks om oor opgewonde te raak nie.

Dit was ’n saai affêre en lustelose rugby deur albei spanne.

Met ’n halfuur oor is die Cheetahs se Namibiese stut Aranos Coetzee van die veld met ’n geelkaart nadat hy die skrum in duie laat stort het, maar die Dragons kon nie munt slaan uit die situasie nie.

Die Cheetahs het weliswaar in die tweede helfte (teen die einde) beter rugby gespeel, maar dit moes hulle in die eerste helfte al gedoen het.

Die oorwinning is ’n seën, want dit sou ’n bitter pil gewees het om te sluk as die Cheetahs verloor het teen een van drie spanne wat swakker as hulle is.

Puntemakers:

Cheetahs 38 (10): Drieë: Henco Venter, Shaun Venter, Tian Schoeman, Louis Fouché, Rabs Maxwane. Doelskoppe: Tian Schoeman (5). Strafdoel: Schoeman.

Dragons 13 (3): Drie: Tane Basham. Doelskop: Josh Lewis. Strafdoele: Lewis (2).

Meer oor:  Rabs Maxwane  |  Franco Smith  |  Bloemfontein  |  Cheetahs  |  Dragons  |  Pro14-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.