Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
VS wil 42% van aandele verkoop

Die Cheetahs beplan om sowat 42% van hul aandele te verkoop.

Hulle maak goeie vordering daarmee om 21% aan Cartrack en ’n verdere 21% aan ’n konsortium van plaaslike besighede te verkoop.

Die onderhandelinge het al in 2020 begin toe onder andere van die topspelers soos Ruan Pienaar en William Small-Smith gehelp het om plaaslike besighede te nader. Sedertdien hanteer slegs die Cheetahs se bestuur die onderhandelinge.

“Onderhandelinge oor aandeelhouding moet verskillende moontlikhede, verhoudings, regte en pligte in ag neem. Dit gaan ook nie net oor die Cheetahs se behoeftes of wense nie, maar ook die moontlike aandeelhouer(s) s’n,” het Harold Verster, besturende direkteur van die Cheetahs, gesê.

’n Ander belangrike faktor is kommersiële vertroulikheid. Elk van die partye het sy eie ontledings-, oorwegings- en besluitnemingsprosesse.

“Totdat daar eenstemmigheid oor alle wesenlike aspekte is, is dit voortydig en nadelig om daaroor te bespiegel en kommentaar te lewer,” sê Verster.

Harold Verster

“Die Cheetahs kan wel bevestig dat gesprekke met twee potensiële sakevennote steeds voortgaan en dat ’n paar stappe in die proses al agter die rug is.

“Weer eens moet mense nie die invloed van Covid-19 op normale sake en besluitneming geringskat nie,” voeg hy by.

Alles is ook steeds op koers vir die Cheetahs se deelname aan die Intercontinental Cup. Die laaste kommunikasie oor die Intercontinental Cup, gegrond op inligting van die organiseerders, was dat daar vir einde Februarie of Maart gemik word om ’n aankondiging te maak.

“Die kompetisie is iets nuuts,” het Verster gesê.

“Dit word van meet af saamgestel deur ‘n “aliansie” van organiseerders, besluitnemers en deelnemers. Elke party moet sy reëls, nasionale en internasionale rooster in ag neem met die nuwe kompetisie.

“Die algemene benadering wat die Cheetahs ervaar, is dat die organiseerders dit reg eerder as vinnig wil doen en die verskillende partye ‘n billike kans wil gun om hul deelname aan die beoogde reeks reg te beplan.”

Die Cheetahs verstaan die ongeduld, bespiegeling en opwinding, maar volgens hul het vorige nuwe kompetisies ook lank geneem om goed te keur en aan te kondig.

Die Cheetahs sal ‘n aankondiging maak sodra alles bevestig is.

Meer oor:  Cartrack  |  Cheetahs  |  Verkoop  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.