Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs wil in Rusland prooi soek

Die Cheetahs ondersoek die moontlikheid om in toernooie in Rusland en die VSA te speel nadat hulle en die Kings uit die vergrote Pro16-reeks geskop is.

Deelname aan enige van die toernooie sal deur die Cheetahs self en hul borge befonds moet word. As hulle welslae daar behaal, kan dit finansiële voordele vir die Vrystaters inhou.

As die Cheetahs in Rusland speel, kan die franchise met ’n ompad wat deur die Europese Continental Skildtoernooi en Europese Uitdaagbekertoernooi loop, vir die Kampioenebekertoernooi (voorheen bekend as die Heinekenbeker) kwalifiseer, met groot prysgeld ter sprake.

Die Cheetahs hoop om binne die volgende 14 dae duidelikheid oor die toernooi in Rusland te verkry, en of deelname aan die Europese Uitdaagbeker en Kampioenebeker wel enigsins moontlik is.

Gesprekke tussen die Cheetahs en hul vennote hieroor, en ander sensitiewe sake, is in ’n vroeë stadium.

“Die Toyota Vrystaat-Cheetahs is steeds op ’n hoë vlak in gesprek met SA Rugby, SuperSport, borge, ander franchises en belanghebbendes om te verseker dat die Cheetahs ’n waardevolle, lewensvatbare en mededingende franchise in Suid-Afrikaanse rugby bly,” lui ’n nuusverklaring deur die Cheetahs.

“Die Cheetahs se direksie het sy onderhandelingspan Vrydagoggend die mandaat gegee om voort te gaan met dié ingewikkelde, tydrowende en meestal konstruktiewe onderhandelinge.

Terwyl die Cheetahs hul verskanste regte in die Pro14 en ’n uitgebreide Pro16 herbevestig, het hulle aktief ander geleenthede begin ondersoek nadat SA Rugby se hoofraad besluit het om slegs die Bulle, Stormers, Leeus en Haaie by Pro16 in te sluit.

“Namate rugby homself herorganiseer en herontwikkel ná die Covid-19-impak, ontstaan daar nuwe permutasies en geleent-hede,” lui die Cheetah-verklaring. – Hendrik Cronjé

Meer oor:  Cheetahs  |  Vsa  |  Pro16-Reeks  |  Rusland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.