Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Michael Cheika gaan Libanon brei
Michael Cheika. Foto: Getty Images

Michael Cheika het verlede jaar nog die Wallabies by die Wêreldbekertoernooi in Japan afgerig, maar nou gaan hy sy vlerke sprei en Libanon se rugbyligaspan by aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi vir rugbyligaspanne brei.

Cheika, wat Argentinië tans as konsultant in die Drienasies-reeks bystaan, is in Australië gebore, maar sy ouers was Libanese immigrante.

“Ek sien daarna uit en hoop om almal in Libanon, en regoor die wêreld heen, trots op hul span te maak – ek hoop om hulle baie te gee om oor te juig,” het Cheika gesê.

Die Libanese Rugbyligafederasie sê Cheika sal minstens ses plaaslike spelers in sy groep moet insluit. – AFP

Meer oor:  Libanon  |  Rugbyliga  |  Michael Cheika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.