Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheika nog op hete kole oor toekoms

Michael Cheika, die Wallaby-afrigter, sal vir nóg ’n week moet wag vir sekerheid oor sy lot ná die nuus dat Rugby Australië (RA) se direksie sy tyd sal neem om oor die kwessie te besin.

Michael Cheika / Foto: Getty Images

Volgens The Sydney Morning Herald sal Cheika en RA se hoëprestasie-eenheid Maandag in Sydney met direksielede gesprekke voer.

Dit kan dan twee dae neem om al die inligting te verwerk voordat daar besluit word of daar veranderinge aan die Wallaby-opset moet wees.

Cheika gaan tussendeur ook samesprekings met Superrugby-spanne voer, waar hy sy visie vir die Wêreldbeker-toernooi aan hulle wil oordra en ’n versoek rig dat van sy sleutelspelers strategiese ruskans kry.

Sy eerste besoek sal aan Dave Wessels, die Melbourne Rebels se afrigter, wees.

Met dié dat die hoëprestasie-eenheid ook sy terugvoer sal gee, kan daar uiteenlopende perspektiewe wees.

Cheika het strykdeur nog onafhanklik van die hoëprestasie-eenheid se grootbaas, Ben Whitaker, gewerk.

Cheika het ook alle aanbiedinge vir hulp van die hand gewys en eerder vir ondersteuning vir sy plan vir 2019 se Wêreldbeker-toernooi in Japan gevra.

Die feit dat hy daardie ondersteuning gekry het, asook die samewerking van Superrugby-spanne, sal hom min beweegruimte gun wanneer hy terugvoer gee oor Australië se swakste seisoen in die beroepsera.

Gerugte het die afgelope week ook die rondte gedoen dat Scott Johnson, wat Skotland se direkteur van rugby is, moontlik na Australië kan terugkeer.

Johnson (56) het beklemtoon dat hy nie daarin belangstel om die Wallabies af te rig nie, maar is wel bereid om hand by te sit. Dit kan beteken dat hy ’n toevoeging tot die Wallabies se bestuurspan kan word.

Met die Wallabies wat vanjaar gesukkel het op die aanval, verdediging en in die vaste fasette, is al die hulpafrigters onder druk en kan koppe nog rol.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Wallabies  |  Michael Cheika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.