Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheika paai omgekrapte ondersteuner

Michael Cheika, Australië se afrigter, het ’n omgekrapte Wallaby-ondersteuner gekontak wie se kritiek in sosiale media by teleurgestelde aanhangers aanklank gevind het.

Michael Cheika, afrigter van die Wallabies. Foto: Getty Images

Jack Quigley, wat hom as ’n “speler, afrigter en skeidsregter” beskryf, het die Wallabies as ’n “skande” bestempel nadat hulle Saterdag met 24-19 deur Skotland in Sydney geklop is.

Hy het in ’n Facebook-inskrywing van 800 woorde die span daarvan beskuldig dat hulle ’n gebrek aan passie het en verwyderd is van gewone ondersteuners.

Die inskrywing het teen Maandag byna 9 000 kommentare gelok en is meer as 4 000 keer gedeel.

* Lees die volledige inskrywing onderaan die berig.

Quigley (29) het aan die media gesê hy het die inskrywing gemaak nadat hy sy treurmare met “16 biere” verdrink het.

Cheika het Maandag aan verslaggewers in Brisbane gesê hy het Quigley gekontak en hom gemaan om nie moed te verloor nie.

“Ek dink dit is belangrik dat jy met die ondersteuners gesels,” sê Cheika.

“Ek het hom vertel oor sommige dinge wat ons voel en wat ons wil bereik en wat in die agtergrond gebeur want ons voel ook dieselfde as die ondersteuners.”

Die Wallabies, derde op die wêreldranglys, het Fidji in hul eerste toets van die jaar gemaklik met 37-14 geklop, maar is hard terug aarde toe gebring deur Gregor Townsend se span en die koerantopskrifte Sondagoggend was verdoemend.

Die nederlaag teen Skotland, sesde op die wêreldranglys, het alarmklokke laat lui vir ’n Rugbykampioenskap teen die magtige All Blacks en ’n Bok-span wat ’n herlewing beleef.

Cheika sê hy het Quigley se inskrywing teen die Wallabies se kleedkamermuur opgeplak vir hul oefensessies vandeesweek in Ballymore.

“Ek dink dit was nogal ’n skok vir van die ouens wat dit nog nie gesien het nie want dit was nogal swaar in ’n paar opsigte,” sê Cheika oor die inskrywing.

“Maar ek dink dit is die boodskap en omdat ek met hom gesels het, sal hy by die wedstryd wees om ons te luidkeels ondersteun.”

Cheika sê dit is nie die eerste keer wat hy met ’n omgekrapte ondersteuner in verbinding tree nie.

“Ek onthou toe ek in 2013 by die Waratahs begin het, het ons in ’n stadium doodsdreigemente gekry van ondersteuners wat nie gelukkig was nie,” sê Cheika, wat die span in 2014 tot die Superrugbytitel gelei het.

“Ek het diegene wat ek kon op pad huis toe geskakel en eerlik met hulle gesels.

“Ek sê nie ons gaan perfek wees nie, maar ons gaan ons beste lewer om te wys wat ons ondersteuners verlang. As jy kyk na die seisoen wat ons beleef, skort ons bietjie selfvertroue.”

– Reuters

Meer oor:  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.