Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheika tree vir SA in bres ná aanval met mes

Die voorval waarin die Wallaby-stut Taniela Tupou die afgelope Saterdagaand naby die spanhotel in Sandton twee keer met ’n mes gesteek is toe hy die rower van sy selfoon agternagesit het, is iets wat in enige stad ter wêreld kan gebeur.

Taniela Tupou, die Wallaby-stut wat verlede week met ’n mes in Sandton aangeval is nadat hy van sy selfoon beroof is.Foto: Getty Images

Dit is hoe die Wallaby-afrigter, Michael Cheika, Donderdag diplomaties gesê het toe hy oor daardie voorval uitgevra is.

Cheika het vinnig vir Suid-Afrika in die bres getree en sê hy en sy spelers is in die geheel nog net met die grootste respek in dié land behandel.

“Dit is jammer wat gebeur het, maar dit gebeur nie net hier nie. Dit is iets wat in enige stad ter wêreld kan gebeur. Ek is baie lief vir Suid-Afrika en vir my is dit ’n wonderlike plek. Ek geniet elke oomblik wat ek hier deurbring,” sê Cheika.

“Verlede week was ons in Sun City en dit was ’n fantastiese tyd vir ons almal. Ons het in die twee weke wat ons in Suid-Afrika deurgebring het reeds ’n spesiale band met mekaar ontwikkel (spelers en spanbestuur) en dit was ’n verrykende ervaring.”

Volgens hom is die vier weke wat hulle as groep saam deurgebring het (ook twee in Sydney op ’n oefenkamp) van die beste wat hy nog as Aussie-breier gehad het.

“Ek het eerlikwaar nog nie vier weke saam met die groep so geniet soos nou nie. Ons het openlik oor ons doelwitte vir die jaar gesels,” sê hy.

Michael Cheika, afrigter van die Wallaby-rugbyspan.Foto: Getty Images

Cheika voel ook dat dit regverdig is dat daar van hom verwag kan word om vanjaar die Wêreldbeker te wen, anders rol sy kop.

“Ek het nie ’n probleem daarmee nie, want as ek nie die Wêreldbeker kan wen met hierdie groep nie, is dit dalk nodig dat iemand anders oorneem,” sê hy.

Tupou is as een van die plaasvervangers ingesluit en die aanval op hom het gekom slegs enkele dae voordat die befaamde eertydse plaaslike sokkerspeler Marc Batchelor voor sy huis doodgeskiet is in wat blyk ’n sluipmoord-aanval kon wees.

Meer oor:  Bokke  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.