Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheika verwag Barrett sal nr.10-trui dra

Hoewel Michael Cheika, die Wallaby-afrigter, ook een van menige nuwe bewonderaars van Richie Mo’unga is, verwag hy om Beauden Barrett volgende week op losskakel in die All Blacks se beginspan te sien.

Beauden Barrett, hier in die Hurricanes se trui, sal volgens Michael Cheika, die Wallabies se breier, weer een van die All Blacks se sleutelspelers in die Rugbykampioenskap wees. Foto: Getty Images

Australië en Nieu-Seeland pak mekaar volgende Saterdag in Sydney in hul eerste toets in vanjaar se Rugbykampioenskap.

Mo’unga het in die laaste twee weke van die Super-reeks beter vertoon as Barrett én die Springbok-losskakel Elton Jantjies en die Crusaders gehelp om as kampioen gekroon te word in dié kompetisie.

Mo’unga se blink vertonings het ’n debat in Nieu-Seeland laat opvlam oor of hy dalk bo Barrett in die All Blacks se beginspan gekies kan word.

Cheika dink nie dat Barrett, wat al twee keer die Wêreldrugby se Speler van die Jaar was, weggelaat sal word nie.

“Beauden Barrett was die afgelope twee jaar die beste speler in wêreldrugby en hy is ’n uitstaande speler,” sê Cheika.

“Ek het al spanne afgerig wat onder sy vaardighede en vermoëns deurgeloop het.

“Mo’unga het klas en hy is ’n goeie ou, maar daar is geen twyfel nie dat die All Blacks Barrett hoog aanslaan nie. Hy sal volgende Saterdag daar wees.”

Die Rugbykampioenskap sal vanjaar met arendsoë dopgehou word. Daar word verwag dat die spanne dalk ’n paar proefnemings met die oog op 2019 se Wêreldbeker-toernooi in Japan sal maak.

Hoewel die All Blacks hul laaste kragmeting teen die Wallabies verloor het, lag mense as Steve Hansen, die Kiwi-afrigter, sê die Australiërs is die gunsteling om weer te wen.

“Hy (Hansen) is ’n goeie afrigter, maar ek dink hy is verkeerd en ek dink nie baie van sy spelers sal dink hy is eerlik nie,” sê Cheika.

“Ek dink nie dit is baie realisties nie. Aan die einde van die dag is dit (wat Hansen kwytraak) eintlik ook maar irrelevant.”

– Reuters

Meer oor:  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Wallabies  |  All Blacks  |  Bledisloebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.