Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheika weier om Folau te kritiseer

Die Wallabies se afrigter, Michael Cheika, weier om Israel Folau te kritiseer oor sy omstrede standpunt jeens gays en sê jongmense moet ander rolmodelle vind as hulle nie met hul sporthelde saamstem nie.

Michael Cheika / Foto: Gerry Images

Folau, ’n toegewyde Christen en een van Australië se voorste rugbyspelers, het verlede maand ’n herrie ontketen toe hy op sosiale media gesê het gay mense is vir die hel bestem.

Hy het verlede week weer omstredenheid veroorsaak toe hy ’n skakel getwiet het na ’n video van die oorlede Amerikaanse evangelis David Wilkerson, wat sterk teen huwelike van dieselfde geslag gekant was.

Cheika is vandeesweek gevra wat sy boodskap aan ’n jong, gay rugbyspeler is wat na Folau opkyk.

“Daar word ’n groot bohaai hieroor gemaak,” het hy Woensdagaand aan Fox Sports in Australië gesê.

“As dit iets is waarmee jy nie saamstem nie (Folau se standpunt), dan sal hy uiteraard nie meer jou rolmodel wees nie.”

’n Uitdagende Folau (29) het dit duidelik gestel dat hy nie afstand van sy sterk geloofsoortuigings aangaande homoseksualiteit en huwelike tussen mense van dieselfde geslag gaan doen nie, ten spyte van teenkanting deur huidige en voormalige spelers.

Cheika het gesê ouers het ook die verantwoordelikheid om hul kinders teen moontlike skadelike inskrywings op sosiale media te beskerm.

“Jy moet jou kinders van alles daarbuite probeer beskerm.”

Volgens hom probeer hy as afrigter ook verhinder dat sy spelers se selfbeeld negatief geraak word deur die kritiek wat hulle gereeld op sosiale media moet verduur.

Folau het sover enige tugstappe deur Rugby Australië vrygespring, met dié beheerliggaam se uitvoerende hoof, Raelene Castle, wat toegegee het dat dit die grootste uitdaging van haar loopbaan is.

Volgens haar is dit ’n netelige kwessie, wat met ’n “menseregte-kwessie” teen vryheid van spraak opgeweeg word.

Dit het Rugby Australië in ’n moeilike posisie geplaas, want hy wil Folau graag ’n kontrakverlenging aanbied, maar groot borge soos die nasionale lugdiens Qantas het kritiek teen Folau uitgespreek.

– AFP

Meer oor:  Israel Folau  |  Wallabies  |  Michael Cheika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.