Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheslin ploeg terug met Laureus-rol
Cheslin Kolbe ontduik in die Wêreldbeker-eindstryd in 2019 vir Owen Farrell en Joe Marler en nael deur om Suid-Afrika se tweede drie teen Engeland te druk. Foto: Getty Images

Die Springbok-vleuel en Wêreldbeker-wenner Cheslin Kolbe is pas as die jongste ambassadeur van die Laureus Sport for Good-stigting aangewys.

Die 27-jarige Kapenaar sluit hom aan by voormalige Springbokke soos Jean de Villiers, Schalk Burger en Bryan Habana, asook sy een neef, die Olimpiese naelloper Wayde van Niekerk.

Banyana se afrigter, Desiree Ellis, en die Banyana-speler Amanda Dlamini is ook Laureus-ambassadeurs.

Dumisani Chauke
Cheslin Kolbe

Verlede week het dié eer ook Dumisani Chauke, hulpafrigter van die Protea-netbalspan, te beurt geval.

Kolbe was ’n lid van die nasionale sewesspan wat in 2016 die bronsmedalje by die Olimpiese Spele verower het.

Hy het sy Bok-debuut in 2018 in die Rugbykampioenskap teen Australië in Brisbane gemaak en ’n week later sy eerste toetsdrie gedruk in die Springbokke se oorwinning oor die All Blacks in Wellington.

Hy was ’n uitblinker en driedrukker in die Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland in 2019 en het vanjaar geskitter vir sy Franse klubspan, Toulouse.

Chauke het basketbal en sokker gespeel voordat sy as tienjarige by netbal betrokke geraak het.

Sy het verskeie toetse vir die Proteas gespeel voordat sy ’n afrigter geword het. Sy was voorheen ook die hulpafrigter van die SA o.21’s.

Chauke het haar stigting bekend gestel by haar alma mater, die Mangangeni Primary School in Malamule, Limpopo, waar sy poog om meisies te bemagtig deur afrigting, lewensvaardighede en gemeenskapsprogramme.

• Laureus-ambassadeurs is ’n uitgelese groep huidige en voormalige sportlui wat die hoogste sport in hul loopbane bereik het, maar ook aansienlike bydraes tot die sportgemeenskap gemaak het.

Hulle word gesien as rolmodelle en persone wat suksesvol is of was. Hulle werk as vrywilligers vir die stigting, wat daarna streef om sport te gebruik om van die wêreld se taaiste maatskaplike uitdagings waardeur jong mense in die gesig gestaar word – soos jeugmisdaad, bendes, MIV/vigs, diskriminasie, vetsug en ’n gebrek aan opvoeding – aan te pak.

Volgens die stigting het hy sedert sy ontstaan meer as €150 miljoen (sowat R2,5 miljard) ingesamel vir projekte om die lew van miljoene jong mense te verbeter. – Sportredaksie

Meer oor:  Laureus  |  Cheslin Kolbe  |  Bokke  |  Springbokke  |  Toulouse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.