Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Chiefs-breier soek nie Eddie se pos

Rob Baxter, hoogaangeskrewe afrigter van die Exeter Chiefs, het gesê hy wil nie vir Eddie Jones as Engeland se hoofafrigter opvolg wanneer dié Australiër se termyn verstryk nie.

Rob Baxter wil nie Eddie Jones as Engeland se breier opvolg nie. Foto: Getty Images

Jones is voorlopig tot 2021 gekontrakteer, maar as Engeland kleitrap op volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi, sal hy moeilik in sy pos oorleef.

Daar is al heelwat name in die hoed wat potensiële opvolgers betref – insluitend Wallis se afrigter, Warren Gatland.

Die 47-jarige Baxter, wat ook onder dié kandidate tel wat in die Britse media genoem word, het aan Sky Sports gesê hy stel nie nou al in die pos belang nie aangesien hy gelukkig is by die Exeter Chiefs.

“Ek moet sê dit is hoogs onwaarskynlik as ek eerlik moet wees,” het Baxter oor die moontlikheid van ’n Engelse hoofafrigterpos gesê toe hy daaroor gepols is op Will Greenwood, ’n voormalige Engelse toetssenter, se potsending.

Hy het wel toegegee dat dit ’n interessante ervaring sal wees om die nasionale pos te beklee.

“Vir van die spelers wat by Engeland betrokke is, het ek baie respek, en dit sal fantasties wees om saam met van hulle te werk. Dit sal ongelooflik wees om te sien wat jy kan bereik teen van die beste spanne in die wêreld.

Baxter sê egter hy het nog baie om te bereik met die Chiefs en sy familie se geluk is baie belangriker as sy vooruitsigte om Engeland af te rig.

“My werk by Exeter is nog nie afgehandel nie,” het Baxter gesê.

“Ek hou van my werk as direkteur van rugby by Exeter, ek werk saam met mense waarvan ek hou. My gesin is gemaklik hier en hulle geniet die situasie waarin ons ons tans bevind.”

Baxter se aandele as afrigter het dramaties gestyg toe hy Exeter in die 2016-’17-seisoen tot die Premierliga-titel gevoer het. Verlede seisoen het Exeter ook bo-aan die puntelys geëindig. Baxter het dié onbesonge span in 2009 gehelp om die eerste keer tot die Premierliga bevorder te word.

Exeter beklee tans ook die tweede plek op die puntelys. 

– Sportredaksie

Meer oor:  Rob Baxter  |  Rose  |  Toetsrugby  |  Eddie Jones  |  Exeter Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.