SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Rugby
Chili kan brandrissie vir SA sewes wees

Chili staan die naweek op sy tuisveld vierkantig in die Suid-Afrikaanse Akademiespan se pad – veral ná sy sege in die toernooi in Uruguay verlede week.

Kurt-Lee Arendse / Foto: Gallo Images

So sê Marius Schoeman, afrigter van die Akademiespan, aan die vooraand van die naweek se toernooi in Chili, die tweede in Suid-Amerika waaraan sy span die maand deelneem.

Die Suid-Afrikaners moes verlede week met slegs die sesde plek in Uruguay tevrede wees en is boonop in dieselfde groep as die tuisspan geloot.

“Dit gaan nie ’n maklike toernooi vir ons wees nie, maar dit is iets wat die uitdaging soveel meer opwindend maak.

“Ons bevind ons in ’n baie moeilike groep (behalwe Chili, ook Brasilië en Uruguay), en vir ons om suksesvol die titel te verdedig wat ons verlede jaar daar gewen het, sal ’n reuse-verbetering (van verlede week) verg,” sê Schoeman, wat ook maan dat Brasilië nie onderskat kan word nie.

“Hulle sal albei (Chili en Brasilië) vol selfvertroue wees. Brasilië is altyd gevaarlik en een van die spanne wat jou kan straf as jy ’n af dag beleef.”

Kurt-Lee Arendse, spelskepper van die Suid-Afrikaners wat ’n stamp in die eerste dag se spel in Uruguay opgedoen het, is intussen fiks verklaar.

Ryan Oosthuizen, wat vir die Blitsbokke in Dubai en Kaapstad aan die einde van 2018 diens gedoen het, sal die eerste dag se spel weens ’n rooi kaart misloop, wat hy hom verlede naweek op die lyf geloop het. – Sportredaksie

Meer oor:  Sewesrugby  |  Marius Schoeman  |  Ryan Oosthuizen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.