Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Chris of Ryan kan JC se skoene volstaan

Die ervare Chris Dry staan straks die beste kans om in die beseerde JC Pretorius se plek in die Blitsbok-span ingesluit te word vir die toernooie in Hongkong en Singapoer.

Ryan Oosthuizen is weer fiks en kan vir die Blitsbokke oorweeg word. Foto: Getty Images

Dit volg nadat die 21-jarige Pretorius Donderdag ’n operasie aan sy linkerhand ondergaan het en die volgende ses weke langs die kantlyn sal wees.

Dry (31) het herstel van ’n ribbesering wat hom uit die Blitsbokke se laaste twee toernooie in Las Vegas en Vancouver gehou het.

Suid-Afrika het verlede week die toernooi in Kanada gewen, met sy volgende afspraak van 5-7 April in Hongkong en ’n week later in Singapoer.

Ryan Oosthuizen kan natuurlik ook oorweeg word. Hy het herstel van ’n dyspierbesering wat hy in Amerika opgedoen het. Dan is daar ook die veteraan Kyle Brown, sowel as James Murphy en Heino Bezuidenhout.

Moet egter nie verbaas wees as die afrigter, Neil Powell, eerder besluit om die ervare Werner Kok as voorspeler te kies nie.

Die belowende JC Pretorius is vir ses weke op die krukkelys. Foto: Gallo Images

Kok (26) het hoeka in Vancouver by geleentheid as voorspeler diens gedoen. So ’n skuif sal die deur vir die jong Kurt-Lee Arendse oopmaak om homself in die beginspan te bevind.

Hy was in Kanada ’n plaasvervanger, maar het speelkans gekry toe die kaptein, Philip Snyman, beseer is.

Mfundo Ndhlovu, wat ’n polsbesering in Las Vegas opgedoen het en nie in Vancouver in aksie was nie, gaan tussen vier en ses weke langs die kantlyn wees en straks die vlug na Hongkong misloop.

Goeie nuus is egter dat die strydros Cecil Afrika saam met die Akademiespan oefen, nadat hy verlede jaar in Londen ’n dyspierbesering opgedoen het.

Op sy beste is die 31-jarige Afrika ’n spelskepper soos min, soos wat sy 173 drieë in 318 wedstryde vir die Blitsbokke ’n getuigskrif van is.

Hy ondergaan Maandag ’n fiksheidstoets.

Die Blitsbokke trek Dinsdag weer in Stellenbosch saam nadat hulle sedert hul terugkeer Woensdag uit Kanada ’n paar dae af gehad het.

Meer oor:  Sewesrugby  |  Chris Dry  |  Sewes  |  Blitsbokke  |  Cecil Afrika  |  Jc Pretorius
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.