Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Chris van Zyl bêre sy rugbystewels

Chris van Zyl, wat onlangs nog die Stormers se kaptein in hul voorbereidingswedstryde teen die Cheetahs was, het Woensdagaand uit die bloute sy uittrede op sosiale media aangekondig.

Chris van Zyl met die Curriebeker nadat die Westelike Provinsie die Haaie in 2017 se eindstryd op Kings Park in Durban getroef het. Foto: Gallo Images

Die 34-jarige Van Zyl het in ’n Instagram-plasing gesê “die tyd het gekom om die spel waarvoor ek lief is op my terme te groet” en die “volgende hoofstuk in my lewe te betree”.

“Dit is nie die einde nie. Dis net die begin,” het hy gesê.

In Van Zyl is die Stormers en WP een van die gewildste spelers onder sy spanmaats in hul groep kwyt. John Dobson, die Stormers en WP se hoofafrigter, het hom by geleentheid beskryf as ’n “natuurlike leier wat die ouens dryf en motiveer”.

“Chris is die beste kaptein met wie ek tot nog toe gewerk het,” het Dobson gesê.

Van Zyl was in 2017 die WP se kaptein toe die Streeptruie die Curriebeker in Durban gewen het.

Hy was nooit werklik as ’n sterk aanspraakmaker vir ’n plek in die Springbok-groep gereken nie, maar die WP en Stormers het deur die jare dikwels op sy nommer gedruk en geweldig baie waarde uit hom ontgin.

Die WP het wel begin beplan vir die lewe ná Van Zyl. Hulle het die Springbok-slot Marvin Orie by die Leeus weggerokkel, terwyl Salmaan Moerat en JD Schickerling ook voor hom in die tou op slot staan.

Van Zyl is ’n geoktrooieerde rekenmeester en reeds die besturende direkteur van Walworth Consulting, ’n finansiële dienste maatskappy wat hy gestig het.

• Van Zyl se Instagram-plasing: https://www.instagram.com/p/CNXsnCGJOzd/?igshid=12ao5ylarw7cn

Meer oor:  Stormers  |  Chris Van Zyl  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.