Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Wie ry, wie bly, wie is terug by Leeus in 2018

Die kat kom terug.

In hierdie geval is dit dalk eerder die welpie, met die jong skrumskakel Christiaan Meyer wat aanstaande jaar aan die Leeus geleen word vir die Superreeks.

Die skrumskakel Christiaan Meyer gaan volgende jaar vir die Leeus in die Superreeks speel. Foto: Gallo Images

Meyer, ’n oud-leerling aan die Hoërskool Dr E.G. Jansen in Boksburg, het vir die Leeus se o.19- en o.21-spanne gespeel, voordat hy hom by Griekwas ingesluit het.

Hy word vir die duur van die Superreeks aan die Leeus geleen.

Met sy lang blonde hare en klein postuur herinner hy nogal heelwat aan Faf de Klerk, wat nog vanjaar saam met Ross Cronjé die Leeus se skrumskakel in die Superreeks was, voordat hy hom by die Sale Sharks in Engeland aangesluit het.

Die feit dat Meyer nou weer tydelik ’n Leeu word, voordat hy weer later aanstaande jaar terugkeer Kimberley toe om vir Griekwas in die Curriebeker-reeks te speel, het koue water gegooi op gerugte dat die Springbok Rudy Paige aanstaande jaar sy rugby by die Leeus sal speel.

Volgens Rudolf Straeuli, die uitvoerende hoof van die Leeus, sal die name van nog spelers wat aanstaande jaar vir die Leeus geleen gaan word vir die Super-seisoen binnekort bekend gemaak word.

Die Leeus het Woensdag ook die name bekend gemaak van die spelers wie se kontrakte met dié unie verbreek word.

Die grootste name daar is die losskakel/heelagter Jaco van der Walt en die losvoorspeler Fabian Booysen.

Van der Walt se broer, Gerdus, wat al by geleentheid vir die Leeus senter gespeel het, verlaat ook die unie.

Die slot JP du Preez, wat toe hy voorverlede seisoen sy debuut vir die Leeus gemaak het, die langste slot nóg in Superrugby was, se bande met die Leeus is ook verbreek.

Met Jaco van der Walt wat nou aanskuif, sal die Leeus beslis in die mark wees om ’n losskakel te kry as adjudant vir Elton Jantjies.

Die spelers wie se kontrakte met die Leeus beëindig is, is: Adré Smit, Bader Pretorius, Barend Smith, Curtis Jonas, Divan Henning, Fabian Booysen, Gerdus van der Walt, Gideon Botha, Jaco van der Walt, Jacobus Tredoux, JP du Preez, Le Roux Baard, Lincoln Daniels, MC de Jongh, Morney Moos, Rheyno Potgieter, Runan Venter, Wihan Jacobs.

Meer oor:  Leeus  |  Superrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.