Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Chriswill staan Zak se skoene teen Leeus vol
Chriswill September kry Saterdag kans in Griekwas se beginspan. Foto: Gallo Images

Die oud-Puk Chriswill September word met Griekwas se nr.9-trui teen die Goue Leeus toevertrou in die afwesigheid van die voormalige Junior Springbok Zak Burger, wat las het van ’n kniebesering.

Die 21-jarige Burger het sy knie die afgelope naweek teen die Westelike Provinsie in Kimberley beseer.

September is een van drie veranderings aan die span wat met die WP afgereken het en Saterdag in die Curriebeker-reeks teen die Johannesburgers in die Diamantstad te staan kom.

Die baljagter Gideon van der Merwe vervang Zandré Jordaan aan die kant van die skrum, terwyl Mox Mxoli die nuwe loskopstut is in die plek van Khwezi Mona.

Met September in die beginspan, is Christiaan (Muis) Meyer die eerste keer in vanjaar se reeks deel van die 23-tal.

* Griekwas: Anthony Volmink, Ederies Arendse, Michal Haznar, André Swarts, Eduan Keyter, George Whitehead (k), Chriswill September, Niell Jordaan, Sias Koen, Gideon van der Merwe, Victor Sekekete, Ian Groenewald, Ewald van der Westhuizen, AJ le Roux, Mox Mxoli. PLAASVERVANGERS: Wilmar Arnoldi, NJ Oosthuizen, Johan Momsen, Conway Pretorius, Christiaan Meyer, Chris Smit, Bjorn Basson, Ruan Kramer.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Leeus  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.