Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
CJ nou deel van ‘worsfamilie’ in Ierland

Die Ierse rugbyspeler CJ Stander is deur Hellbent, die Noord-Ierse vervaardiger van Suid-Afrikaanse boerewors, as ambassadeur aangestel.

CJ Stander. Foto: Getty Images

Hellbent is in 2018 deur die voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspelers Louis Ludik en Schalk van der Merwe begin.

Hellbent maak gebruik van prima-beesvleis van Noord-Iere plase, waarvan wors, frikkadelle en burgers gemaak word.

Die George-gebore Stander, ’n Britse en Ierse Leeu en Ierse en Munster-losvoorspeler, is as die maatskappy se handelsmerk-ambassadeur aangestel.

Stander se aanstelling is deur Ludik, die besturende direkteur van die maatskappy wat in Belfast gesetel is, gemaak. Die wors word in 142 supermarkte regoor Ierland verkoop.

“Ons is verheug dat so ’n vooraanstaande en gerespekteerde sportman in Ierland en die Verenigde Koninkryk ingestem het om ons oorspronklike produk te bevorder, veral in Ierland,” het Ludik gesê.

“CJ het op ’n skaapplaas in Suid-Afrika grootgeword en beskik oor uitgebreide kennis van boerewors en ander vleisprodukte wat ons die laaste jaar in Ierland verwerk.”

Oor sy aanstelling het Stander gesê, Hellbent het wors, burgers en frikkadelle gemaak wat op dieselfde vlak kan meeding as produkte in Suid-Afrika.

Stander (30) het 16 Superrugby-wedstryde vir die Bulle gespeel voor hy Ierland toe is. Hy het intussen 41 toetse vir sy aangenome land gespeel.

Hy het ook 141 wedstryde vir Munster gespeel en die Britse en Ierse Leeus in een toets verteenwoordig. – Sportredaksie

Meer oor:  Toetsrugby  |  Cj Stander
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.