Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Claassen oor Bokke: ‘Dit was pateties’

Die voormalige Springbok-kaptein en -agtsteman Wynand Claassen moes Saterdag baie hard soek om enige positiewe aspekte te identifiseer. Maar helaas, ná baie nadenke kon hy dít ook nie regkry nie.

“Ek soek hard na enige positiewe punte, maar om eerlik te wees – dit was pateties. Dit was ’n baie middelmatige Wallaby-span teen wie ons gespeel het, en om só teen hulle te speel, is eenvoudig pateties. Maar moet ek positiewe punte gaan soek?” sê Claassen.

Wynand Claassen

Hy het die Bokke gekritiseer vir die drieë wat hulle afgestaan het. “Daar was sagte drieë – in ’n minuut en ’n half het hulle reeds gaan druk en daardie oorgooi . . . Dit het gelyk of ons spelers nie daar wou wees nie. Daar was geen passie nie. In die tweede helfte het hulle rondgeploeter in hul eie gebied en toe drie minute voor die einde probeer om te wen.

“Daar was soveel foute, soveel aanslane, hoeveel keer het Willie (le Roux), ag almal man, nie die bal aangeslaan nie. Daar was geen passie nie, geen toewyding nie. Hoe regverdig ons dit?”

Hy sê die Bokke se geploeter dui op ’n groter, meer holistiese probleem in Suid-Afrikaanse rugby.

“Hoe kan ons positief wees oor die stand van ons rugby? Die klein unies het nie geld nie, alles val in sy dinges in. Die toets was ’n weerspieëling van wat in rugby in die land aangaan. Ek weet nie hoe ’n mens dit kan regverdig nie.”

Meer oor:  Wynand Claassen  |  Bokke  |  Springbokke  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.