Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Bokke: Cobus terug; Faf nog in wedloop

Cobus Reinach se lang gewag om weer toetsrugby te speel, blyk iets van die verlede te wees.

Reinach kan sy terugkeer tot Bok-rugby maak wanneer Rassie Erasmus sy Bok-toerspan na Europa aankondig.

Cobus Reinach.

Die Springbok-keurders het die laaste tyd ewe groot belangstelling in Francois Hougaard se spel getoon, maar daar word verwag dat Reinach eerder in November se toetse in Europa kans sal kry om vir hom ’n plek in die Wêreldbekergroep oop te speel.

Die moontlikheid word ook nie uitgesluit dat Faf de Klerk wel in een of twee van die toetse teen Frankryk, Skotland en Wallis sal speel nie. Spelers wat vir Engelse klubspanne speel, mag ingevolge die Premierliga se reëls nie vir die toets teen Engeland oorweeg word nie.

Dié toets op 3 November op Twick­enham val nie binne Wêreldrugby se sogenaamde toetsvenster nie.

Maar ofskoon Sale Sharks se afrigter, Steve Diamond, vroeër aan die Engelse media gesê het De Klerk sal die Bok-toer misloop, word daar nog oor sy beskikbaarheid vir November se toetse onderhandel.

Reinach se Engelse klubspan, Northamp­ton Saints, sal nie in sy pad staan as hy ’n oproep kry om hom by die Bok-kamp aan te sluit nie. Hy het op 15 Augustus 2015 teen Argentinië in sy tiende en laaste toets gespeel.

Dis nog onseker met hoeveel skrumskakels die Bokke na Europa sal toer.

Ross Cronjé kan weens ’n skouerbesering nie oorweeg word nie, maar Embrose Papier en Ivan van Zyl behoort wel opdrag te kry om solank, soos Reinach, hul tasse te pak.

Meer oor:  Cobus Reinach  |  Rassie Erasmus  |  Faf De Klerk  |  Bokke  |  Jaareindtoer  |  Toetsrugby  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.