Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Coetzee Haaie se nuwe grootbaas

Eduard Coetzee, tans die bedryfshoof van die Haaie, gaan Gary Teichmann van September af as die Durbanse unie se uitvoerende hoof opvolg.

Eduard Coetzee neem in September die leisels as die Haaie se uitvoerende hoof. Foto: Gallo Images

Teichmann, wat vir John Smit opgevolg het, lê die tuig ná drie jaar neer. Hy gaan in ’n raadgewende hoedanigheid by die Haaie betrokke bly.

“Gary het op ’n moeilike tydstip die leisels geneem. Hy het nie net stabiliteit en leierskap na die rol toe gebring nie, maar ook ’n agtergrond in die sakewêreld,” het Stephen Saad, voorsitter van die Haaie se direksie, Woensdag in ’n nuusverklaring gesê.

“Terwyl Gary sy huidige posisie gaan ontruim, sal hy aktief betrokke bly in ’n raadgewende hoedanigheid en as ’n klankbord vir Eduard.”

Coetzee, wat vir die Haaie gespeel het, het in 2014 as bedryfshoof by die unie begin. Hy het onlangs ’n doktorsgraad in sake-administrasie aan die Universiteit van KwaZulu-Natal voltooi.

Coetzee se meestersgraad rus hom goed toe vir die uitdaging wat voorlê – sy proefskrif het gehandel oor die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse franchise-rugbyspanne tot inklusiewe, volhoubare en suksesvolle sakemodelle.

“My strategie sal wees om te bou op die platform van stabiliteit wat deur Gary gevestig is. Die basiese beginsels van korporatiewe bestuur en finansiële kontroles is ononderhandelbaar en sal streng toegepas word,” sê Coetzee in die Haaie se verklaring.

Saad meen die feit dat Coetzee en Teichmann reeds nou saamgewerk het, sal die oorgang vergemaklik.

“Eduard se sterk werksverhouding met Gary oor die laaste drie jaar beteken dat sy aanstelling as uitvoerende hoof ’n voortsetting sal wees van die visie vir die Haaie-franchise om van krag tot krag te gaan – as ’n sportspan en besigheid,” sê Saad.

Meer oor:  Haaie  |  Gary Teichmann  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.