Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Coetzee: ‘Wys dat jy Bokke wil lei’
Allister Coetzee. Foto: Gallo

Wys dat jy die volgende Springbokkaptein wil word.

Dit was Allister Coetzee se pleidooi dié week aan sy spelers in Brisbane, nadat Adriaan Strauss bekend gemaak het dat hy nie ná 2016 langer vir toetsrugby beskikbaar is nie.

“Dit is ’n uitstekende kans vir jonges om nou hand op te steek,” het die Bokafrigter gesê.

“Die belangrike ding vir ons is om die leierskap te groei nadat ons spelers soos Jean de Villiers, Victor Matfield, Schalk Burger en Fourie du Preez ná die Wêreldbekertoernooi verloor het.

“Dit is vanjaar vir ons kritiek om leiers rondom Adriaan te bou, wat ongelukkig aan die einde van die jaar uittree. Ek dink Warren Whiteley was uitstekend as leier vir die Leeus in die ­Superreeks.”

Whiteley is sonder twyfel die gunsteling om by Strauss oor te neem. Sy aanspraak word versterk omdat hy nou as die eerstekeuse-agtsteman beskou word.

’n Ingeligte het aan Rapport gesê dat Duane Vermeulen eerder voortaan as ’n seweflank oorweeg kan word.

Vermeulen was die aanvanklike gunsteling om as Coetzee se kaptein aangewys te word, maar die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) wil hê ’n plaaslike speler moet aangestel word.

Dit sal nietemin ’n groot waagstuk wees as hy Vermeulen weer op sy beste nie kies nie.

Die insluiting van Juan de Jongh op binnesenter vir gister se Rugbykampioenskaptoets teen die Wallabies in Brisbane maak hom skielik die ander sterk aanspraakmaker.

De Jongh sal sy afrigter en Bokondersteuners eers moet oortuig dat hy die eerstekeuse-speler in sy posisie is. Damian de Allende, Rohan Janse van Rensburg en Jan Serfontein ding almal om die nr. 12-trui mee.

Coetzee het dié week ook die name van spelers soos Frans Malherbe en Pat Lambie as moontlike leiers uitgesonder.

Selfs Oupa Mohoje, wat met 30 duikslae voor Saterdag se toetse die meeste deur enige speler in die Rugbykampioenskap uitgevoer het, sal wil glo dat hy ’n aanspraakmaker is.

Coetzee het dié week die All Blacks se sterk leierskap as ’n rede uitgesonder waarom hulle beter as die res is.

“Ek dink die naatlose verandering van leierskap is ’n belangrike rede waarom die All Blacks voor ons is.

“Kyk hoe seepglad het Kieran Read by Richie McCaw oorgeneem as kaptein.”

Die Bokafrigter het onderstreep dat sy span besig is om ’n nuwe kultuur te vestig.

“Ons is bewus van waar ons ons bevind. Ons aanvaar dit. Baie werk moet gedoen word.”

Meer oor:  Allister Coetzee  |  Adriaan Strauss  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.