Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Coles: ‘Daar is angs oor reis na Dunedin’
Dane Coles, haker en kaptein van die Hurricanes, oefen sy ingooie voor Saterdag se beplande ontmoeting met die Highlanders. Foto: Getty Images

Die Hurricanes en Highlanders berei steeds voor vir hul laaste Aotearoa-kragmeting Saterdag, hoewel daar gevrees word dat ’n nuwe uitbreking van die Covid-19-pandemie in Nieu-Seeland ’n stokkie daarvoor kan steek.

Dié land se regering het Auckland opnuut ingeperk en ander maatreëls in die res van die land in werking gestel nadat nuwe Covid-19-gevalle vandeesweek in Nieu-Seeland se grootste stad aangemeld is.

Daar is besluit dat die Hurricanes steeds na Dunedin sal reis vir die wedstryd, maar dit sal in ’n leë stadion gespeel word.

“Ons is gereed. Daar is steeds ’n tweede plek op die spel (die Crusaders is reeds as die kampioen gekroon) en ons wil aanhou wen,” sê Jason Holland, die Hurricanes se afrigter.

Dane Coles, die ’Canes-kaptein, gee toe dat daar angs onder die spelers is om na Dunedin te vlieg, maar sê hulle het vertroue dat die regering die regte besluit sal neem om almal se veiligheid te verseker.

“Daar is ’n bietjie angstigheid, maar dit is nie asof hulle (die regering) ’n muntstuk in die lug skiet nie. Al wat ons kan doen, is om te vertrou dat die Nieu-Seelandse Rugbyunie (NZR) en die regering die besluit vir ons sal neem.”

Coles sê die span het ingestem om enige speler wat hom uit vrees vir sy of sy gesinslede se veiligheid wil onttrek te ondersteun.

“Dit is heeltemal die individu se besluit. As daar spelers is wat eerder wil agterbly, sal ons daardie besluit respekteer.”

Die Blues is veronderstel om die Crusaders Sondag in Auckland te pak, maar dié wedstryd sal slegs voortgaan as die staat van inperking in die stad teen Vrydag om middernag opgehef word.

Nadat ’n gesin van vier lede in Auckland vroeg vandeesweek positief getoets is vir Covid-19, was daar teen Donderdag nog ’n verdere 13 nuwe infeksies. Dít laat vrese toeneem dat Auckland se inperking verleng sal word. – Reuters

Meer oor:  Highlanders  |  Superrugby  |  Dane Coles  |  Hurricanes  |  Nieu-Seeland  |  Covid-10  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.