Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Coles sien kans vir 2 maande weg van gesin
Die All Black-haker Dane Coles gee nie om as hy vir byna nege weke van sy gesin moet weggaan om rugby te speel nie. Foto: Getty Images

Die All Black-haker Dane Coles het Woensdag gesê hy het geen probleem daarmee om vir langer as twee maande na Australië te gaan vir die Rugbykampioenskap nie, want hy kan doen met ’n bietjie tyd weg van sy kinders.

Dit was natuurlik net ’n grappie, hoewel Coles ernstig daaroor is dat hy bereid is om vir so lank van die huis af weg te wees.

Die All Blacks speel volgende maand twee Bledisloebeker-wedstryde in Nieu-Seeland teen die Wallabies voordat hulle vir die Rugbykampioenskap na Australië vertrek.

Soos sake tans staan, sal kwarantynvereistes weens die Covid-19-pandemie meebring dat spelers vir ongeveer nege weke van hul gesinne af weg sal wees.

“Ek het drie kinders. Ek sal op die eerste vliegtuig wees wat vertrek,” het Coles met sy tong stewig in sy kies gesê.

“Dis ons werk en ons moet soontoe gaan en as jy in die swart trui wil speel, moet jy soms iets opoffer.

Dis ons werk en ons moet soontoe gaan en as jy in die swart trui wil speel, moet jy soms iets opoffer.
Dane Coles

“Dit is ’n bietjie langer as gewoonlik, maar as jy dit moet doen, moet jy dit doen. Ek steek beslis my hand op om oor te gaan en vir die All Blacks te speel.”

Coles het bygevoeg dat hy dit sal verstaan as van sy spanmaats sou verkies om nie op toer te gaan nie.

Hy wou hom wel nie uitlaat oor bespiegelinge dat die Rugbykampioenskap dalk nie gaan plaasvind nie.

Argentinië se groep spelers het die laaste paar weke etlike Covid-19-gevalle onder hulle gehad en sal nes ’n groot gros van die Springbokke wedstrydfiksheid kort, omdat hulle sedert Maart nie in aksie was nie.

“Ek wil nie daaroor gesels nie, want daar is baie gerugte wat rondvlieg. Vir nou het ons twee weke se gewaarborgde rugby (die Bledisloe-kragmetings met die Wallabies) en dit is fantasties,” het Coles gesê.

“Enige rugby, veral All Black-rugby, sal nou net lekker wees.” – Reuters

Meer oor:  Dane Coles  |  Nieu-Seeland  |  Australie  |  Kampioenskap  |  Twee Maande  |  Toer  |  Haker  |  Rugby  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.