SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Rugby
Cosatu: ‘Springbok-span te wit’

Wit spelers kry spesiale behandeling by Rassie Erasmus, die Springbok-afrigter, terwyl swart spelers as tweederangs behandel word, het Cosatu Donderdag in ’n verklaring gesê.

“Die wit spelers kry spesiale plekke in die Springbok-span bo die swart spelers,” lui die verklaring.

Faf de Klerk, die Springbok-skrumskakel, is een van die spelers wat volgens Cosatu voorkeur-behandeling by Rassie Erasmus kry. Foto: Gallo Images

“Cosatu praat namens baie rugbyspelers in Suid-Afrika wat woedend is oor die besluite wat Rassie met sy spankeuses geneem het vir Saterdag se toets teen die All Blacks.

“Rassie behandel die swart Springbok-spelers die hele jaar nog as tweederangs. Sy beginspan vir Saterdag is vol wit spelers, wat sy houding jeens swart spelers verklap.”

In die verklaring voer Cosatu aan verskeie wit spelers met ’n swak spelpeil kry voorkeur bo swart spelers.

“Francois Louw speel op die oomblik swak, Handré Pollard, Willie le Roux en Faf de Klerk ook, maar hulle word steeds nie vervang nie, terwyl daar talentvolle spelers op die plaasvervangersbank is.

“(Bongi) Mbonambi is ná 35 minute vervang (teen die Wallabies), wat heeltemal irrasioneel was en gedoen is om hom te ondermyn. Baie swart spelers word uit posisie aangewend wanneer hulle wel ’n kans op die veld kry, wat gedoen word om hulle die kans te ontneem om hul vaardighede ten beste ten toon te stel.”

Hoewel Cosatu Suid-Afrikaners sal aanmoedig om die Springbokke te ondersteun, is Rassie besig om swart Suid-Afrikaners van die span te vervreem met sy diskriminerende houding en optrede.

Cosatu sê dit is duidelik dat Erasmus nie albei poste, dié van direkteur van rugby én van hoofafrigter, kan behartig nie.

“Maar hy wil die pos van direkteur van rugby behou terwyl hy as afrigter misluk. Tot dusver was hy wisselvallig met sy (span)keuses en wedstrydplan, hy weier om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar dat hy nie spelers en kombinasies genoeg tyd gee om te vestig nie.

“Cosatu lug dié besware teenoor die Suid-Afrikaanse Rugbyunie sodat daadwerklike stappe gedoen kan word voordat dit erger raak en die hele land in die skande steek.

“Hoewel Cosatu Suid-Afrikaners sal aanmoedig om die Springbokke te ondersteun, is Rassie besig om swart Suid-Afrikaners van die span te vervreem met sy diskriminerende houding en optrede.”

Die Bok-span vir Saterdag se toets is: Willie le Roux, Jesse Kriel, Lukhanyo Am, Damian de Allende, Aphiwe Dyantyi, Handré Pollard, Faf de Klerk, Warren Whiteley, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi (k), Franco Mostert, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Bongi Mbonambi, Tendai Mtawarira, Wilco Louw, RG Snyman, Francois Louw, Ross Cronjé, Elton Jantjies, Cheslin Kolbe. –Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Rassie Erasmus  |  All Blacks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.