Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Covid-19 eis oud-Cheetah (43)

Germaine Brinkhuis (43), ’n voormalige haker van die Vrystaat-rugbyspan, is weens Covid-19-komplikasies dood.

Hy is Sondagaand in die Busamed Paardevlei-hospitaal in Somerset-Wes dood, het ’n familiewoordvoerder bevestig.

Germaine Brinkhuis toe destyds die Suid-Afrikaanse o.23-span verteenwoordig het. Foto: Gallo Images

Brinkhuis was twee weke lank in die hospitaal en dit het gelyk of dit begin beter gaan toe sy toestand Saterdag weer versleg het.

Hy het tussen 2000 en 2001 in 15 wedstryde vir die Vrystaat uitgedraf. Die unie het Maandag medelye met sy familie en geliefdes uitgespreek.

Brinkhuis het as Matie-student Suid-Afrika se junior spanne (o.21 en o.23) verteenwoordig voor hy ’n Vrystater geword het. Hy het later ook vir die Blou Bulle gespeel voor ’n enkelbesering ’n einde aan sy speeldae gemaak het.

Brinkhuis het sy rugby in die Kaap geleer, waar hy ná sy speeldae as ’n afrigter by die spel betrokke gebly het.

Hy het op skool saam met Bolla Conradie (’n voormalige Springbok-skrumskakel) vir die Hoërskool Kasselsvlei gespeel. Hy het die Westelike Provinsie op o.17-vlak verteenwoordig.

Hy het later jare terug in die Kaap die Maties as hulpafrigter bygestaan. Hy was ook afrigter van die Sir Lowrians-rugbyklub en meer onlangs Strand se afrigter.

Strand-rugbyklub het op sosiale media in ’n roerende huldeblyk sy geliefde en gerespekteerde hoofafrigter as ’n “Yster coach” beskryf.

“Jou liefde en omgee vir Strand het diep in ons harte vasgeskop, en daarom dra ons nou jou mooi herinneringe saam met ons! Jou kennis oor ons geliefde game rugby, jou passie en jou deernis sal ons nooit, maar nooit vergeet nie!” staan in die inskrywing.

“Ons Liga-vlag hang vandag halfmas, en saam staan ons op Gustrow Park, en sing die Blou-Bloed Trein vir jou: ‘As die Blou en die Wit oor die velde draf... wie kan dit hou my dear... wie kan dit hou . . .’ Tot ons weer ontmoet coach Germaine Brinkhuis . . . Tot ons weer ontmoet!”

Brinkhuis was ook die eienaar van die onderneming Mantella IT.

Hy laat ’n 12-jarige dogter, Toni, agter.

Meer oor:  Vrystaat  |  Cheetahs  |  Oorlede  |  Covid-19  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.