Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Covid-19 eis sewesseisoen; Kiwi’s kampioen
Nieu-Seeland nadat hy die Kaapstad-sewestoernooi in 2019 gewen het. Foto: Gallo Images

Weens die Covid-19-pandemie is die res van die toernooie van die huidige seisoen van Wêreldrugby se sewesreeks gekanselleer en is Nieu-Seeland as kampioen aangewys.

Wêreldrugby het dié besluit Dinsdag in ’n verklaring bekend gemaak.

Die toernooie in Singapoer, Hongkong, Londen en Parys is vroeër vanjaar na September en Oktober uitgestel, maar die onsekerheid wat wêreldwyd heers oor die koronavirus en internasionale reisbeperkings, het die ringkoppe genoop om die besluit te neem.

Die Blitsbokke eindig die seisoen in die tweede plek.

Bill Beaumont, voorsitter van Wêreldrugby, sê in die verklaring dit is jammer dat die seisoen afgelas moet word, maar dat die welstand van die rugbygemeenskap en die groter gemeenskap die eerste prioriteit is.

Dit is die eerste keer sedert die 2013-’14-seisoen wat die Kiwi’s die reeks wen.

Meer oor:  Koronavirus  |  Sewes  |  Blitsbokke  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.