Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Covid-19 hou Fidji dalk uit Nasiesbeker

Fidji se veldtog in die Nasiesbeker-rugbyreeks kan eindig nog voordat dit begin het nadat die wedstryd wat die eilandspan Sondag teen Frankryk moes speel, afgelas is.

Dié besluit is geneem met verskeie spelers in Fidji se groep wat positief getoets is vir die koronavirus.

Fidji se opwarmstryd teen Portugal is ook verlede week gekanselleer toe ses positiewe gevalle aangemeld is.

Die veelsydige agterspeler Semi Radradra, wat vir Bristol in Engeland speel, is een van ’n verdere vier spelers wat die virus opgedoen het.

Daar word nou gevrees dat Fidji se oorblywende drie wedstryde in die gedrang kan wees.

Hulle speel op 21 November teen Italië en sewe dae later teen Skotland.

Op 5 of 6 Desember moet Fidji, wat in Groep B is, teen ’n teenstander uit Groep A speel.

Duhan van der Merwe (nr. 11), vleuel van Skotland, word deur sy spanmaats gelukgewens ná sy drie Saterdag teen Italië in Florence. Foto: Getty Images

• ’n Vurige rustydpraatjie deur Gregor Townsend, afrigter van Skotland, het sy span Saterdag aangevuur om Italië met 28-17 in Florence te klop.

Die Skotte was met 7-11 agter toe hulle kleedkamer toe is om te gaan asem skep.

“Gregor het daarna verwys dat ons lyf wegsteek en dit was die wekroep wat ons nodig gehad het.

“Ek het vir die spelers gesê niemand sal weer ons werkverrigting en fisiekheid bevraagteken nie,” het Stuart Hogg, die Skotte se kaptein, gesê.

• Eddie Jones, Engeland se breier, het ná die Rose se oorwinning van 40-0 Saterdag oor Georgië in Londen gesê hulle het ’n punt daarvan gemaak om nie voorlangs geboelie te word nie.

“Dit was ’n goeie, harde wedstryd. Georgië het natuurlik beplan om op ’n sekere manier te speel en wou ’n punt bewys dat hulle ons in die skrums onder druk kan plaas.

“Ons wil altyd met die voorspelers oorheers, maar veral wanneer jy teen Georgië te staan kom.

“Dit was belangrik om te wys ons gaan nie toelaat dat hulle oor ons loop nie en ons het daarin geslaag,” het Jones gesê.

• Jonathan Davies, senter van Wallis, het vir die span se beleërde afrigter, die Kiwi Wayne Pivac, in die bres getree nadat die Drake Vrydagaand ’n sesde agtereenvolgende toetsnederlaag gely het.

Ierland het Wallis maklik met 32-9 in Dublin verslaan.

Pivac is onder groot druk nadat hy verlede jaar by Warren Gatland oorgeneem het.

Davies is op ’n nuuskonferensie gevra of Pivac die spelers se steun het.

“Ja, natuurlik. Ons geniet dit om sy plan te volg wanneer ons voorberei. Die spelers moet toesien dat ons dit in ons wedstryde uitvoer.

“Daar was ’n bietjie verandering, maar op ’n positiewe manier.

“Dit wys nog nie op die veld nie en ons is baie teleurgesteld met die uitslag. Daar is baie gemengde gevoelens en frustrasie wat daarmee gepaard gaan.”

Davies sê swak dissipline is Wallis se groot tekortkoming.

“Dit was ’n groot faktor in die laaste drie wedstryde en ons kan dit nie so aanvaar nie.” – Reuters, bbc.com

Meer oor:  Frankryk  |  Nasiesbeker-Reeks  |  Skotland  |  Wallis  |  Fidji
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.