Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Covid-19 kan Cheetahs in Pro14 pootjie

Die virussiekte Covid-19, wat tans wêreldwyd groot ontwrigting by sportbyeenkomste veroorsaak, kan ook nog die Cheetahs se kele laat toetrek in die wedloop om ’n uitspeelplek in die Pro14-reeks.

Die Cheetahs kan moontlik tot ses ligapunte verloor as hul oorblywende wedstryde teen die twee Italiaanse spanne, Benetton en Zebre, dalk afgelas moet word.

Zebre se vleuel Paula Balekana word deur die Cheetahs se vleuel Rabz Maxwane beetgekry in die spanne se vorige wedstryd in Bloemfontein in 2018. Foto: Gallo Images

Giuseppe Conte, Italiaanse minister van sport, het Maandag aangekondig dat alle sport in Italië tot 3 April opgeskort is.

Die Pro14-reeks het Dinsdag aangekondig dat Benetton se stryd teen Munster op 27 Maart in Ierland en Zebre se wedstryd teen die Cardiff Blues op 21 Maart in Wallis vir eers uitgestel is.

Zebre se wedstryd teen die Ospreys en Benetton se wedstryd teen Ulster kon vroeër ook nie gespeel word nie.

Die Pro14-beheerliggaam poog intussen om dié wedstryde op ’n ander datum te speel.

Die Cheetahs kom eers op 25 April teen Zebre in Bloemfontein te staan, terwyl die wedstryd teen Benetton op 16 Mei in die Toyota-stadion is.

Volgens die bepalings speel die Southern Kings op 9 Mei ook gasheer vir Benetton in Port Elizabeth.

Indien ’n wedstryd gekanselleer moet word, kry elke span twee punte vir die betrokke wedstryd.

Die verwagting is dat die Cheetahs moontlik tien punte (’n wen met ’n bonuspunt) tuis teen Zebre en Benetton kon insamel, maar as die wedstryde dalk afgelas word, sal hulle met twee punte vir elk van die wedstryde tevrede moet wees. Dit kan ’n gevoelige slag wees vir hul kanse om ’n plek in die uitspeelwedstryde as die wedstryde afgelas word.

Die Cheetahs het Zebre in Januarie verlede jaar met 61-28 in Bloemfontein verniel, maar het egter in Januarie vanjaar met 14-41 in Parma verloor.

Die laaste wedstryd tussen die Cheetahs en Benetton was in November 2018 in Bloemfontein, wat die Cheetahs met ’n bonuspunt, met 31-25 gewen het.

Meer oor:  Koronavirus  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.