Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Covid-19 kelder Stormers, Leeus se stryd

Die Reënboogbeker-wedstryd tussen die Stormers en Leeus wat vir Saterdag gereël was, sal nie meer plaasvind nie, het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie aangekondig.

Die aflas van die wedstryd tussen die Stormers en Leeus beteken dat ’n ster soos Pieter-Steph du Toit teen die risiko van ’n besering beskerm word. Foto: Gallo Images

“Die besluit is Vrydag geneem nadat daar positiewe toetse (vir Covid-19) by die Leeus was. Ingevolge kompetisiereëls sal vier ligapunte aan die Stormers toegeken word,” lui Saru se verklaring.

Volgens Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, het die Leeus “al die protokolle gevolg” en “toepaslike stappe gedoen”.

Vir Suid-Afrikaanse rugby is die aflas van dié kragmeting moontlik ’n bedekte seën. Nóg die Leeus nóg die Stormers was in die prentjie om die plaaslike Reënboogbekerreeks te wen en sodoende vir volgende week se eindstryd teen Benetton in Treviso te kwalifiseer.

Aan die Stormers-kant is daar ook heelparty spelers in die Springbok-groep wat nou nie die naweek aan die risiko van beserings blootgestel sal word nie.

Meer oor:  3De Vlaag  |  Koronavirus  |  Stormers  |  Leeus  |  Covid-19  |  Reënboogbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.