Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Valke vou; g’n geld vir salarisse

Die Valke Rugbymaatskappy gaan hom laat likwideer nadat hy die afgelope week nie salarisse aan sy werknemers en rugbyspelers kon betaal nie.

Die spelers en personeel is Vrydagoggend oor die besluit ingelig nadat amptenare vergeefs geskarrel het om ’n oplossing vir die finansiële toestand te probeer vind. Die Valke Rugbyunie, wat amateurrugby in die streek bedryf, word nie deur die likwidasie geraak nie.

“Dit is met hartseer dat ons moet aankondig dat die professionele arm van die Valke – die Valke Rugby (Edms.) Bpk. – in finansiële nood is. Die direkteure van die maatskappy het besluit die maatskappy moet gelikwideer word omdat hy nie in staat is om sy krediteure en werknemers te betaal nie,” sê die Valke in ’n verklaring.

Salarisse aan werknemers is einde Julie nie betaal nie en ons is baie spyt oor die swaarkry wat hierdie besluit vir alle betrokkenes veroorsaak het.

“Die besluit is nie ligtelik geneem nie en die raad van direkteure het alle moontlikhede tot hul beskikking ondersoek om die maatskappy van bankrotskap te red voordat besluit is om die maatskappy te likwideer.”

Volgens die Valke is die Covid-19-pandemie se vernietigende invloed vir die stand van sake te blameer.

Die span sou saam met vennote van Maleisië in die Rapid Rugby-reeks gespeel het, maar die virus het die toernooi verongeluk. Die toernooi het vir die spelers se salarisse gesorg en is deur die Australiese miljardêr Andrew Forrest onderskryf.

Ettienne de Lange
Ettienne de Lange. Foto: Gallo Images

“Met die Western Force wat nou in ’n Australiese kompetisie speel, is daar feitlik geen manier dat die Rapid Rugby-toernooi sal herleef nie.

“Salarisse aan werknemers is einde Julie nie betaal nie en ons is baie spyt oor die swaarkry wat hierdie besluit vir alle betrokkenes veroorsaak het. Dit het egter onvermydelik geword.

“Ons harte gaan uit na alle spelers, werknemers en gesinne wat geraak word.

“Ons as die Valke-unie sal ons uiterste bes doen om elke lid van die Valke-gesin te ondersteun en by te staan en sal saam met alle organisasies werk.”

Ettienne de Lange, ’n direkteur van die Valke Maatskappy en ook die uitvoerende hoof van die Valke Rugbyunie, het aan Rapport gesê hulle sal met die personeelvakbond Sports Employees Unite en die spelersvakbond MyPlayers saamwerk “om die hele proses te vergemaklik van die unie se kant af”.

Meer oor:  Salarisse  |  Ettienne De Lange  |  Valke Rugbymaatskappy  |  Covid-19  |  Likwidasie  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.