Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Covid-19 plettervat die WP

Twee rugbyspelers van die Westelike Provinsie, waarvan een in die Stormers se groep is, is positief getoets vir Covid-19, het die Kaapse unie Maandagaand in ’n nuusverklaring bevestig.

Jason Suter, die Stormers se spandokter. Foto: Gallo Images

Die name van die spelers is nie bekend gemaak nie, maar die speler in die Stormers-groep is een wat nog nie sy buiging vir dié span in die Superrugby-reeks gemaak het nie. Die ander een is ’n o.21-speler. Albei is asimptomaties.

Die toetse is Donderdag verlede week gedoen.

Terwyl enige nuus oor ’n positiewe toets as ’n skok kom, was Jason Suter, die Stormers se spandokter, steeds verlig dat net twee uit 120 individue positief getoets is. Hy meen selfs dit wys hoe ernstig die WP se spelers en bestuurslede die veiligheidsmaatreëls opneem.

“Ons het baie streng maatreëls en dit is bemoedigend om te sien dat ons spelers en bestuur dié virus ernstig opneem,” sê Suter.

“Ons wil die Gift of the Givers bedank vir die professionele manier waarop hul mobiele toetseenheid die proses verlede week hanteer het, in wat baie slegte weerstoestande was.”

Die spelers wat die koronavirus opgedoen het, ontvang tans berading.

“Hulle word versigtig gemonitor en ons is hoopvol dat hulle gou onder die groeiende hoeveelheid Suid-Afrikaners sal wees wat herstel het,” sê Suter.

Meer oor:  Jason Suter  |  Koronavirustoetse  |  Wp  |  Covid-19  |  Rugby  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.