Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Covid-19 skop Poemas se wind uit
Mario Ledesma, Argentinië se afrigter, is verlede week positief getoets vir Covid-19. Foto: Getty Images

Argentinië se groep vir die Rugbykampioenskap in Australië sal die week nog twee keer vir Covid-19 getoets word nadat ’n gros spelers die virus opgedoen het.

Die spelers, wat tans by ’n oefenkamp skaaf vir die toernooi wat in November in Australië afskop, sal Maandag en weer Donderdag getoets word, het die Argentynse Rugbyunie (UAR) in ’n verklaring gesê.

Dit volg nadat meer as ’n dosyn spelers en lede van die bestuurspan in die afgelope twee weke Covid-19 onder lede gekry het.

Daar is tans 11 aktiewe gevalle onder die spelers, terwyl ses van die groep wat verlede maand positief getoets is, darem nou die groen lig gekry het om weer te kan terugkeer tot die oefenkamp.

Mario Ledesma, die Poemas se hoofafrigter, asook die hulpafrigters Nicolas Fernandez Miranda en Juan Martin Fernandez Lobbe, is almal verlede week positief getoets.

Die UAR sê hy is steeds besig om aan sy reisplanne te werk nadat Sanzaar verlede week aangekondig het dat Australië van 7 November tot 12 Desember as gasheer vir die Rugbykampioenskap sal optree. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.