Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Covid-19-virus raak ook Pro14-reeks
Die Pro14-kragmeting wat die naweek tussen Zebre en die Ospreys in die Sergio Lanfranchi-stadion gespeel sou word, is uitgestel. Foto: Gallo Images

Die Covid-19-virus het nou die ringkoppe van die Pro14-rugbyreeks genoop om twee wedstryde wat die naweek in Italië gespeel sou word uit te stel.

Die kragmeting tussen Zebre en die Ospreys in Parma en ook dié tussen Benetton en Ulster in Treviso sal nou op ’n ander tyd beslis word.

Dit is omdat daar reisbeperkings in verskeie dorpe in die Lombardy, Emilia-Romagna- en Veneto-streke in Italië geld weens die virus, wat vroeër as die koronavirus bekend gestaan het.

Dit is nie die eerste sportbyeenkomste in Italië wat weens die virus in die slag bly nie.

Verskeie sokkerwedstryde in die Serie A wat Sondag beslis sou word, sowel as ’n Sesnasies-rugbywedstryd tussen Italië en Skotland se vrouespanne is vroeër uitgestel.

Verskeie sokkerwedstryde in die Serie A wat Sondag beslis sou word, sowel as ’n Sesnasies-rugbywedstryd tussen Italië en Skotland se vrouespanne is vroeër uitgestel.

In China is reeds meer as 2 200 mense weens die virus dood, met meer as 75 000 gevalle wat aangemeld is.

Volgens die verklaring ondersteun die Pro14 die voorkomende maatreëls wat ingestel is om die veiligheid van spelers en toeskouers te verseker.

Die beperkings in Italië sal tot 1 Maart geld. – Sportredaksie

Meer oor:  Italië  |  Sport  |  Corona  |  Covid-19  |  Virus  |  Uitgestel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.