Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Covid-19: Woensdag D-dag vir Leeus
Burger Odendaal gee die bal in ’n duikslag uit toe die Leeus ’n paar weke terug teen die Stormers op Nuweland gespeel het. Die Leeus was sedertdien nog nie weer in aksie nie. Foto: Gallo Images

Die hele Leeus-rugbygroep is Dinsdag weer getoets vir Covid-19 en na gelang van die uitslae, wat Woensdag verwag word, sal ’n besluit geneem word of Vrydagaand se Superrugby Unlocked-wedstryd teen die Griekwas op Ellispark sal kan plaasvind al dan nie.

Die spelers het ná die toetsing by Ellispark huiswaarts gekeer en het daar eers ’n spanvergadering op Zoom gehad, voordat hulle elkeen hul eie oefenprogram gevolg het.

Die Leeus moes verlede week ook twee oefensessies kanselleer nadat die virus by die span van die Goudstad moles begin maak het.

Maandag se oefensessie kon ook nie plaasvind nie aangesien die hele groep in kwarantyn was.

Daar was dus onlangs ’n gebrek aan samehorigheid in ’n spanverband wat die Leeus se oefeninge betref.

Die uitslae van die Leeus se toetse sal Woensdag eers na Nios gestuur word, wat dit sal ontleed en dan besluit of dié span gesond genoeg is om te kan speel.

Die besluit oor of die wedstryd wel gespeel sal kan word, berus by Nios (Nasionale Instituut van Oordraagbare Siektes). Die uitslae van die Leeus se toetse sal Woensdag eers na Nios gestuur word, wat dit sal ontleed en dan besluit of dié span gesond genoeg is om te kan speel.

Die kragmeting met die Cheetahs wat Saterdag uitgestel is, lyk asof dit nie vorentoe sal kan plaasvind nie, aangesien daar in die druk program van hierdie toernooi nie spasie is om dit iewers in te pas nie.

Dan sal albei spanne twee ligapunte kry en sou dit wees dat die Griekwas-kragmeting ook uitgestel en dalk later afgelas word, sal gedeelde ligapunte in dié stryd ook die spanne se voorland wees.

Vir die Leeus, wat hul eerste twee wedstryde teen die Haaie (in Durban) en Stormers (in Kaapstad) verloor het, is dit alles behalwe die ideale situasie dat hulle in veral tuiswedstryde die punte moet deel.

Meer oor:  Kimberley  |  Johannesburg  |  Leeus  |  Ellispark  |  Nios  |  Covid-19  |  Griekwas  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.