Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Covid-gevalle? Dan verloor jy met 20-0
Die Sale Sharks se rugbybaas, Steve Diamond Foto: Getty Images

Rugbyklubs in die Engelse Premierliga, wat weens Covid-19-gevalle in hul midde nie ’n span in dié kompetisie vir ’n wedstryd in die veld kan stoot nie, sal outomaties ’n nederlaag van 20-0 ly, het Steve Diamond, die Sale Sharks se direkteur, gesê.

Die Premierliga, wat weens die koronavirus-pandemie sedert Maart opgeskort is, word die naweek hervat – sonder rugbytoeskouers en met streng maatreëls.

Nege oorblywende rondes word nou in die bestek van ses weke afgehandel, met die eindstryd wat gespeel sal word minder as ’n maand voor die nuwe seisoen in November begin.

“As ’n klub weens Covid-19 nie kan speel nie, kry die teenstander ’n sege met 20 punte. Maar ek voorsien nie dat dit sal gebeur nie,” het Diamond gesê.

Verskeie Springbokke soos Lood de Jager, Faf de Klerk, Coenie Oosthuizen, Akker van der Merwe en die Du Preez-broers, Robert, Jean-Luc en Dan, speel vir die Sharks.

Diamond sê spanne sal ligapunte deel as die wedstryde weens ’n plaaslike inperking nie kan plaasvind nie.

“Ons is in Manchester. As daar weer hier ’n inperking kom en die Exeter Chiefs sou byvoorbeeld by ons kom speel het, sal die punte gedeel word.”

Altesame 20 positiewe gevalle is onder die 12 Premierliga-spanne aangemeld sedert toetse op 6 Julie begin is. – Reuters

Meer oor:  Covid-19  |  Engelse Premierliga  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.