Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
‘Covid-lose’ Pumas ruk op na Pretoria
Die Pumas se Willie Engelbrecht sal die kragmeting met die Bulle op Loftus Versfeld misloop. Foto: Gallo Images

Jy sou Vrydag ver in Mbombela gesoek het om ’n gelukkiger man as Jimmy Stonehouse raak te loop, nadat hy die nuus gekry het dat Covid-19 nie wéér sy Pumas geplettervat het nie.

Met die uitsondering van een, was al die spelers wat sedert verlede week in kwarantyn was omdat hulle in kontak was met diegene wat positief vir die koronavirus getoets is, se toetsuitslae negatief.

Dit beteken dat die Laevelders op die bus kon klim en die pad na Pretoria vat, waar hulle Saterdag teen die Bulle in die Superrugby Unlocked-reeks te staan kom.

Verlede week was taai vir Stonehouse-hulle toe dit bekend geword het van die virusgevalle in die kamp. Dit het daartoe gelei dat die kragmeting met die Leeus in die hek geduik het.

Uit die aard van die saak is ons baie bly dat die wedstryd voortgaan. Dit gaan oor blootstelling vir ons borge en spelers, so ja, ek is baie bly.
Jimmy Stonehouse

“Uit die aard van die saak is ons baie bly dat die wedstryd voortgaan. Dit gaan oor blootstelling vir ons borge en spelers, so ja, ek is baie bly,” sê Stonehouse.

“Ek verwag ’n moeilike wedstryd, die Bulle het baie Springbokke in hul span, en ek sien Chris Smith is die losskakel en Corniel Els die haker (wat albei voorheen vir die Pumas gespeel het).”

Daar is wel twee veranderinge aan die Pumas se span, wat teen die Leeus sou speel, vir die wedstryd teen die Bulle aangebring. Die haker Simon Westraadt word vervang deur HP van Schoor, met Marko Janse van Rensburg wat die plaasvervangersbank sal warm hou.

Willie Engelbrecht sou aanvanklik die nr. 8-trui gedra het, maar is op deernisverlof. Daniel Maartens sal saam met Phumzile Maqondwana en Francois Kleinhans die lostrio vorm.

Die spanne is:

Bulle: David Kriel, Travis Ismaiel, Stedman Gans, Cornal Hendricks, Kurt-Lee Arendse, Chris Smith, Ivan van Zyl, Duane Vermeulen (k), Arno Botha, Marco van Staden, Ruan Nortjé, Walt Steenkamp, Trevor Nyakane, Corniel Els, Jacques van Rooyen. PLAASVERVANGERS: Joe van Zyl, Gerhard Steenekamp, Marcel van der Merwe, Sintu Manjezi, Nizaam Carr, Embrose Papier, Clinton Swart, Marco Jansen van Vuren.

Pumas: Devon Williams, Luther Obi, Erich Cronjé, Wayne van der Bank, Etienne Taljaard, Fiela Boshoff, Chriswill September, Francois Kleinhans, Phumzile Maqondwana, Daniel Maartens, Pieter Jansen van Vuren (k), Darrien Landsberg, Ruan Kramer, HP van Schoor, Morgan Naudé. PLAASVERVANGERS: Marko Janse van Rensburg, Ig Prinsloo, Brandon Valentyn, Heath Backhouse, Ginter Smuts, Ali Mgijima, Tapiwa Mafura, Liam Hendricks.

• Skeidsregter: Aimee Barrett-Theron

Assistent-skeidsregters: Rasta Rasivhenge en Cwengile Jadezweni

TV-skeidsregter: Marius van der Westhuizen

TV: 14:00 op SS Grandstand (201) en SS Rugby (211).


Meer oor:  Jimmy Stonehouse  |  Mbombela  |  Pretoria  |  Covid-19  |  Afrigter  |  Rugby  |  Pumas  |  Superrugby Unlocked-Reeks  |  Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.