Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Covid pootjie Cheetahs en Bulle se stryd
Die Cheetahs tydens die voorbereidingsreeks. Foto: Gallo Images

Die Vrystaat Cheetahs se eerste tuiswedstryd in die Curriebeker-rugbyreeks Woensdag teen die Blou Bulle moes Maandag weens Covid-19-protokol en beserings by die tuisspan gekanselleer word.

Die wedstryd kan nie op ’n ander tyd ingepas word nie.

Die Bulle sal volgens die Curriebeker-reëls dus die vier ligapunte kry.

Een van die span se voorrymanne het Maandag positief vir die virus getoets. Van sy spanmaats moes hulle volgens die maatreëls ook intussen  isoleer.

Van die afrigters is ook in isolasie.

Die Cheetahs moes in die vorige wedstryd teen Griekwas sonder 21 spelers in hul groep klaarkom, waarvan heelwat ook beseer was en drie ook nasionale verpligtinge gehad het. 

Die Poubloues het die kragmeting in Kimblerley met 31-10 gewen.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Covid-19  |  Curriebeker  |  Rugby  |  Gekanselleer  |  Blou Bulle  |  Cheetahs  |  Positief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.