Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Creevy speel nou vir London Irish
Agustín Creevy, die deurwinterde haker van die Poemas, gaan voortaan vir London Irish in Engeland speel. Foto: Getty Images

Agustín Creevy, die voormalige kaptein van Argentinië se rugbyspan, het Dinsdag ’n kontrak onderteken om voortaan vir London Irish in Engeland te speel.

Creevy (35), wat die mees ervare Poema tot nog toe is met 89 toetse agter sy naam, het van 2013 tot 2015 ook in Engeland gespeel toe hy vir die Worcester Warriors uitgedraf het.

Voor dit het hy in Frankryk vir Biarritz, Clermont en Montpellier diens gedoen.

Verlede jaar het hy die Jaguares gehelp om die Super-reeks se eindstryd te haal.

Die Australiërs Adam Coleman, Nick Phipps en Sekope Kepu is ook reeds by London Irish en nog ’n ervare Wallaby, Rob Simmons, sluit hom aanstaande seisoen by die klub aan.

“Ek sien uit daarna om my by London Irish aan te sluit en weer in Engeland te speel,” sê Creevy in ’n verklaring.

“Declan (Kidney, die klub se direkteur van rugby) slaan die klub hoog aan en voel sterk oor die rigting waarin hy mik.

“Ek kan nie wag om my by my spanmaats aan te sluit en aan die gang te kom nie.”

Kidney, wat Ierland afgerig het toe dié span in 2009 die Sesnasies-reeks en die Grand Slam gewen het, sê Creevy se ervaring sal vir London Irish baie waardevol wees.

Creevy is reeds beskikbaar om hierdie naweek, wanneer die Engelse Premierliga hervat word, vir London Irish teen Bath te speel.

London Irish is tans agtste op die puntelys, met nog nege wedstryde oor.

Creevy is een van verskeie top-Argentynse spelers wat sedert die Covid-19-pandemie ’n heenkome oorsee moes vind. Omdat die koronavirus-krisis die toekoms van Superrugby in onsekerheid gedompel het en dié kompetisie straks nie volgende jaar in sy huidige formaat aangebied sal kan word nie, is spelers van die Jaguares aangemoedig om kontrakte met oorsese klubs te sluit. – Sportredaksie, AFP

Meer oor:  London Irish  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.