Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cronjé (19) in Cheetahs se CB-groep
George Cronjé in 2019 in aksie vir die Suid-Afrikaanse o.18-span teen sy eweknie van Wallis in Stellenbosch. Foto: Gallo Images

As ’n jong lat het George Cronjé om 05:00 saam met sy pa voor die kassie gesit en kyk hoe die Cheetahs in Australië speel en daarvan gedroom om eendag in daardie wit-en-oranje trui te speel, en nou staan hy op die drumpel om daardie droom te verwesenlik.

Op 19-jarige ouderdom is 2019 se Suid-Afrikaanse o.18-onderkaptein die jongste speler in die Cheetahs se Curriebeker-groep en hy kan in Oktober al sy buiging in die lostrio maak, waar hy gewoonlik op agtsteman sak.

Hy is die enigste van die juniors, wat Lesley Botha (senter), Marcell Muller (vleuel), Gideon van Wyk (losvoorspeler), Jacques-Louis du Toit (haker) en Juan-Dee Oliver (skrumskakel) insluit, wat in die Curriebeker-groep ingesluit is.

“Dis ongelooflik om in die groep te wees en ek het dit nie verwag nie, so dis vir my ’n groot voorreg en seëning om hier te kan was. Ek leer so baie by die ander manne in die groep en word elke dag beter.

Ek het dit nie verwag nie, so dis vir my ’n groot voorreg en seëning om hier te kan was. Ek leer so baie by die ander manne in die groep en word elke dag beter.
George Cronjé

“Ek sien werklik daarna uit om ’n geleentheid in die Curriebeker-reeks te kry,” sê Cronjé.

Hy het hom op 1 Julie by die Cheetahs aangesluit nadat hy tyd by die Franse klubspan Clermont deurgebring het. Hy het ná matriek (Grey-kollege, 2019) direk na Frankryk gegaan na die klub wat hy as “groot en professioneel” beskryf.

Hy het egter vanjaar weer teruggekeer na sy tuisstad, Bloemfontein.

“Dis ’n rugbymal-dorp en jy moet dit beleef om rugby daar te gaan kyk, wat nog te sê speel. Hul geriewe is ongelooflik. Die Cheetahs is nou wel nie Clermont nie, maar ek is baie tuis hier en die geriewe is ewe goed.

“Alles wat ’n beroepspeler benodig, is hier tot my beskikking, so ek kan nie kla nie. Dis die Cheetahs, wat meer kan ek vra?”

Die Springbok Duane Vermeulen

Cronjé sê hy sien daarna uit om teen van sy helde te speel, maar hy weet hy sal eers die span moet haal.

“Ouens soos Duane Vermeulen, wat ook by die Cheetahs gespeel het, om teen sulke spelers te speel, dis waarna ek uitsien. Om teen hom te speel of selfs net te sien hoe hy speel, sal ’n groot voorreg wees.

“Jaco Kriel (Bok-flank van die Leeus) is nog ’n speler aan wie ek dink, maar daar is so baie, ek kan hulle nie almal noem nie. Dit voel vir my soos ’n droom wat waar word, maar die harde werk lê nog voor en dan moet ek uiteraard eers speelkans kry. Ek kan nie wag nie.”

Meer oor:  Duane Vermeulen  |  Bloemfontein  |  Curriebeker  |  Rugby  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.