Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ervare Crusader vat die pad na Leinster

Die Crusaders se Michael Alaalatoa is op pad na Leinster.

Michael Alaalatoa het 89 wedstryde vir die Crusaders gespeel. Foto: Getty Images

Stuff berig die 29-jarige vaskopstut, wat toetsrugby vir Samoa gespeel het, verlaat Nieu-Seeland in Augustus om hom ná afloop van die Superrugby Aotearoa-reeks by die Pro14-kampioen aan te sluit.

“Ons is opgewonde oor Michael se koms. Hy is ’n Superrugbyspeler van gehalte met internasionale ervaring en hy is honger om by ons ’n bydrae te maak,” sê Leo Cullen, afrigter van die Ierse klub.

Alaalatoa, wat in Sydney gebore is en in dié Australiese stad grootgeword het, het in sy pa, Vili, se voetspore gevolg en Samoa op o.20- en toetsvlak verteenwoordig. Sy laaste wedstryd vir Samoa was in 2019 by die Wêreldbeker-toernooi teen Ierland, toe hy teen baie van sy toekomstige Leinster-spanmaats uitgedraf het.

Hy het in 2014 sy Superrugby-buiging vir die Waratahs gemaak voordat hy hom in 2016 by die Crusaders aangesluit het. Alaalatoa het groot sukses saam met die span van Christchurch beleef en die Superrugbytitel op vier geleenthede gewen.

Alaalatoa is ’n sterk baldraer en ’n groot krag in die skrum waar hy sy 126 kg-liggaam laat geld. Hy het 89 wedstryde vir die Crusaders gespeel en was hierdie seisoen in vyf van die span se ses kragmetings by die beginspan ingesluit. – Sportredaksie

Meer oor:  Michael Alaalatoa  |  Crusaders  |  Leinster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.