Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Crusaders beklink Aotearoa-titel

Die Crusaders se propvol trofeekas het nóg ’n toevoeging gekry nadat hulle die titel van die Superrugby-Aotearoa-reeks Sondag in Christchurch beklink het.

Die Crusaders se George Bridge druk een van sy twee drieë. Foto: AP

Die span van Canterbury, wat ook die laaste drie gesamentlike Superrugby-reekse gewen het, het die Highlanders met 32-22 geklop danksy twee drieë binne drie minute deur die All Black-vleuel George Bridge.

Dié terugvegsege plaas die Crusaders nou met ses ligapunte bó die Blues, wat tweede op die puntestand is. Die Blues verwelkom die Crusaders volgende week in Auckland vir die laaste wedstryd van die reeks, maar in dié stryd gaan daar nou nie veel meer as eer op die spel wees nie.

Mitchell Drummond en Braydon Ennor (nr. 13) vier Ennor se drie, wat die Crusaders se sege verseël het. Foto: AP

Die Crusaders het die Superrugby-titel reeds tien keer gewen, ’n verstommende sewe keer meer as die tweede mees suksesvolle spanne, die Blues en Bulle, wat elk drie titels het.

Sondag se wedstryd is teen ’n frenetiese tempo gespeel met die Highlanders wat die Hurricanes, wat die Crusaders twee weke gelede geklop het, tot voorbeeld geneem het.

Die Highlanders het reeds in die tweede minuut die voortou geneem met ’n drie deur die losvoorspeler Shannon Frizell ná ’n indrukwekkende teenaanval.

Die besoekers was rustyd met 17-13 voor en ’n drie deur Michael Collins het hul voorsprong met 25 minute se speeltyd oor tot 22-13 gerek.

Bridge se twee drieë het hulle vir die eerste keer laat voorloop. Braydon Ennor se vierde drie vyf minute voor die einde was die kersie op die koek en het gesorg dat die Crusaders die Kiwi’s se Superrugby-reeks wen. – Reuters

Puntemakers:

Crusaders (13) 32: Drieë: Richie Mo’unga, George Bridge (2), Braydon Ennor. Doelskoppe: Mo’unga (3). Strafdoele: Mo’unga (2).

Highlanders (17) 22: Drieë: Shannon Frizell, Jona Nareki, Michael Collins. Doelskoppe: Josh Ioane (2). Strafdoel: Ioane.


Meer oor:  Highlanders  |  Crusaders  |  Superrugby  |  Aotearoa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.